Leesplan inligting

Noodsaaklikhede vir die LeweVoorbeeld

Essentials For Living

DAG 12 VAN 16

Is Dit Wat Jy Doen die Beste Benutting van Jou Lewe?

As jy wil hê dat jou lewe 'n verskil moet maak, is die volgende baie belangrik: jy móét jou tyd bestuur. Jou tyd is jou lewe. As jy nie leer hoe om jou tyd te bestuur nie, gaan jy nie baie ver in die lewe kom nie.


Efesiërs 5:15-17 sê: “Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.”


Ons almal het dieselfde hoeveelheid tyd elke week: 168 ure. Dis wat jy daarmee doen, wat tel! Jy het slegs 'n bepaalde aantal dae wat aan jou toegeken is in hierdie wêreld en as jy hulle vermors, het jy hulle vermors! As jy tyd vermors, vermors jy jou lewe. As jy tyd nutteloos bestee, pleeg jy selfmoord. Jou tyd is jou lewe. Jy moet tot stilstand kom en jouself afvra: “Is hierdie die beste manier om my tyd te gebruik? Is hierdie die beste manier om my lewe te leef?”


Jy het nie tyd vir alles nie. Die goeie nuus is dat God nie van jou verwag om alles te doen nie. Moet dus nie daaroor skuldig voel nie! Daar is in elk geval net 'n paar dinge wat die moeite werd is om te doen.


Effektiewe mense bereken wat noodsaaklik is in die lewe en wat onbenullig is en hulle bestee meer tyd aan die noodsaaklike dinge en minder tyd aan die onbenullige dinge. Jy kan nie al die onbenullige dinge in jou lewe uitskakel nie, maar jy kan dit verminder. Dit klink maklik, maar in alle eerlikheid is dit dikwels moeilik om te kies tussen dít wat die beste en dít wat die maklikste vir jou lewe is — veral wanneer jy moeg en uitgeput is. Wanneer jy moeg is, wil jy nie die beste ding doen nie. Jy wil doen wat die maklikste is. Daarom, as jy regtig iets van jou lewe gaan maak, moet jy leer om genoegsaam te rus. As jy uitgerus is, gaan jy die verstandelike, emosionele en fisieke krag hê om te sê: “Ek gaan die regte ding in plaas van die maklikste ding doen”.


Moenie jou lewe vermors nie. Moenie tevrede wees met tweede beste nie. Moenie deur die lewe gaan net om te bestaan nie. Jy is nie geskape om net deur die lewe te vloei nie. God het jou gemaak vir 'n bepaalde sending en 'n doel. Dit begin by die vraag: “Is wat ek doen, die beste benutting van my lewe?”


Luister na vandag se klankgreep van Pastoor Rick >>


Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Essentials For Living

Daar is vyf noodsaaklikhede wat jy in die lewe moet hê om werklik te leef. Sluit aan by Pastoor Rick vir hierdie leesplan, waarin hy diep delf in die redes waarom jy krag vir die lewe, mense in jou lewe, beginsels waarvo...

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.PastorRick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid