Leesplan inligting

Vrolik en Vriendelik: Vier Elke Dag KersfeesVoorbeeld

Merry & Bright: Celebrating Christmas Every Day

DAG 7 VAN 7

Glo in die Wonder van Kersfees



"Ek sal Kersfees in my hart dra en dit die hele jaar deur eer." — Charles Dickens



Daar is iets betowerend omtrent hierdie tyd van die jaar. Al sukkel mense as gevolg van hierdie vakansietyd, hoop hulle nog steeds dat hierdie jaar op een of ander manier anders gaan wees. Die ware wonder lê egter nie in al die feesvieringe wat gedurende hierdie heilige tydperk plaasvind nie, dit is om vir iets buiten onsself te leef. 



Wanneer Januarie aanbreek, en in die daaropvolgende maande, kan ons die idees wat in hierdie leesplan genoem word, doelbewus toepas. Versierings word afgehaal en daardie lelike Kersfeestrui word weggebêre, maar die gemoedelikheid van Kersfees kan ons bybly. Ons moet net 'n poging aanwend om dieselfde persoon te wees van Januarie tot Oktober as wat ons in November en Desember is. 



Die kragtigste ding wat ons kan doen om ons harte gesond te hou, is om regdeur die jaar 'n hart van dankbaarheid te kweek. St. Francis van Assisi het gesê: "Deur te gee, ontvang ons." Wanneer ons gee, ontvang ons waarlik.



Ons hoef nie tot Kersfees te wag om 'n verskil in iemand se lewe te maak nie. Wanneer ons ons handpalms na bo oplig om die dinge te laat gaan waarvan ons 'n afgod maak, word ons 'n kanaal wat God gebruik om ander te beïnvloed. Wat as die seën wat ons op aarde ontvang, eintlik bedoel is om ander mee te seën? Dus …



Skryf daardie brief.

Help 'n vriend.

Stuur 'n boodskap.

Besoek die siekes.

Lewer 'n diens aan die kerk.

Gee die blomme.

Beplan daardie ete.

Skenk die geld.

Koop die geskenk.



Gebruik enige metode wat jy kan om elke dag doelgerig te wees. As jy 'n dagboek hou, kies 'n dag in die week wanneer jy al jou idees kan saamspan. As jy lysies maak, stel vir jouself 'n aanmaning op vir sekere dae. As jy notas in jou kantoor of by die huis opplak, plaas dit op plekke waar jy dit elke dag sal kan sien. 



Elke liewe dag van ons lewens het ons 24 ure tot ons beskikking om die mense te wees wat God ons geroep het om te wees. Die mense wat vriendelik, vrygewig, bedagsaam, sosiaal, dankbaar en ten volle toegewyd aan Jesus is ... dwarsdeur die hele jaar.



Oordink




  • Jy het nou hierdie leesplan voltooi — mooi so! Hoe gaan jy al die idees wat vir jou uiteengesit is, toepas om doelgerig in jou lewe te wees? Watter stelsel sal die beste vir jou werk?

  • Begin vir die volgende 21 dae om elke dag 'n lysie te maak van vyf dinge waarvoor jy dankbaar is. Let op hoe jy verander as jy dit doen.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Merry & Bright: Celebrating Christmas Every Day

Daar is iets spesiaals omtrent Kersfees wat die beste in almal van ons na vore bring. Ons is dan gewoonlik vriendeliker, vrygewiger en bring meer tyd saam met ons geliefdes deur. Hoe sou dit wees as dit nie in Desember a...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid