Leesplan inligting

Vrolik en Vriendelik: Vier Elke Dag KersfeesVoorbeeld

Merry & Bright: Celebrating Christmas Every Day

DAG 4 VAN 7

Dit Begin Al Hoe Meer Na Kersfees Lyk 



"Dis nie wat onder die Kersboom lê wat saak maak nie; dis wie almal om die kersboom bymekaarkom." — Anoniem



Om tydens Kersfees saam te eet is 'n algemene gebruik. Daar is baie maniere waarop ons verhoudings kan vier en liefde kan bewys aan mense wat na aan ons is. Daar is familiebyeenkomste, kantoorpartytjies en allerlei aksies om waardering te bewys. Net so wydverspreid as wat die vieringe is, so is die soorte kosse wat ons geniet by die tafels waar ons bymekaar is. 



Te dikwels wag ons vir 'n vakansiedag voordat ons iemand vir ete nooi. Ons vier Kersfees en Paasfees en nog 'n paar vakansiedae tussen-in. Dis jammer dat ons nie genoeg kontak met mense maak nie, aangesien ons daarvoor geskape is. Daar is iets spesiaals aan die saamkuier en die genot van die verhoudings in ons lewens waarmee God ons geseën het. In die Bybel is daar baie verwysings na ... mekaar.



Wees lief vir mekaar — Johannes 13:34

Dien mekaar — Galasiërs 5:13

Vergewe mekaar — Efesiërs 4:32

Eer mekaar — Romeine 12:10

Bid vir mekaar — Jakobus 5:16



Om soveel uit die Woord van God na te kom, moet ons meer dikwels met mekaar vergader. Hoekom dus nie iets elke maand doen nie? Hoekom wag ons tot die besigste maand van die jaar om saam met mense te eet? Hoekom doen ons nie moeite om mense meer gereeld te nooi, sodat ons nie hoef te wonder wat hulle sedert laas Kersfees gedoen het nie?



Dis nie 'n voorstel om elke maand 'n partytjie te hou en heeljaar deur Kerskoek te eet nie, alhoewel jy dit wel kan doen as jy dit so verkies. (Ons veroordeel jou nie!) Nee, dis 'n oproep om meer gereeld saam met vriende en familie te kuier. Moenie vir 'n vakansie wag om tyd saam deur te bring en herinneringe te bou met die mense vir wie jy lief is nie. Om vriendskappe te vier en familielede lief te hê, word ons bemoedig en eer ons vir God.



Oordink




  • Hoe dikwels eet jy saam met gewaardeerde vriende en jou uitgebreide familie?

  • Oorweeg dit om 'n lys te maak van mense saam met wie jy wil kuier en beplan om dit elke maand te doen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Merry & Bright: Celebrating Christmas Every Day

Daar is iets spesiaals omtrent Kersfees wat die beste in almal van ons na vore bring. Ons is dan gewoonlik vriendeliker, vrygewiger en bring meer tyd saam met ons geliefdes deur. Hoe sou dit wees as dit nie in Desember a...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid