Leesplan inligting

Vrolik en Vriendelik: Vier Elke Dag KersfeesVoorbeeld

Merry & Bright: Celebrating Christmas Every Day

DAG 6 VAN 7

O, Kom Laat Ons Hom Aanbid



"Die wonder van Kersfees is nie in geskenke nie, maar in dié Geskenk." — Anoniem



Daar is talle tradisies wat ons in die Kersseisoen aanhang. Ons versier ons huise en besighede met allerhande linte, groenigheid, liggies en blinkers. Ons maak die lekkernye waarna ons sedert verlede Desember verlang, maar dit nie kon regverdig om tussen Januarie en November te eet nie. Ons gaan kyk na al die kersliggies in ons omgewing. Ons woon feeskonserte by wat ons kinders se skole aanbied en woon geleenthede by ons kerk by. Daar is definitief nie 'n tekort aan tradisies tydens Desember nie.



Dikwels in die geharwar van die feestyd, en die genot van al hierdie aktiwiteite, vergeet ons die een ding wat 'n daaglikse tradisie behoort te wees — tyd saam met Jesus. Dis dikwels die een verhouding in ons lewe waaraan ons nie veel aandag gee gedurende die tyd van die jaar waarin ons veronderstel is om Hom te vier. Dit gebeur so maklik en almal bevind onsself een of ander tyd in ons lewens op daardie plek.



Daar is egter goeie nuus! Net omdat ons een dag, een week of selfs een maand minder tyd aan Jesus gewy het, beteken nie dat ons nie weer kan begin nie. God se genade is elke dag nuut. Kom weer in rat deur een of meer van die volgende dinge te doen:




  • Begin 'n Bybelleesplan.

  • Lees die Psalms en Spreuke elke maand van die jaar deur.

  • Kies 'n vers of kort Skrifgedeelte en skryf iets daaroor. 

  • Maak aanbiddingsmusiek 'n deel van jou dag.

  • Wy tyd daaraan om oor die mense in jou lewe te bid.

  • Luister na 'n preek of podsending om jou geloof te versterk.


Om hierdie dinge te doen gaan nie daaroor om God se liefde te verdien of om seker te maak dat Hy nie vir ons kwaad is nie. Dit gaan oor kontak met die Een wat sy lewe vir ons neergelê het, sodat ons ons lewens vir Hom kan leef. Dit gaan oor die krag wat ons nodig het om in 'n wêreld te leef wat nie ons ware tuiste is nie. Dit gaan daaroor om saam met Hom te wandel sodat ons kan leer en groei in ons geloof om sodoende ander te kan help. 



Kom ons maak tyd saam met Jesus die belangrikste tradisie wat die hele jaar lank duur. 



Oordink




  • Vind jy dit moeilik om elke dag tyd saam met Jesus deur te bring? Wat weerhou jou daarvan om hierdie verbintenis na te kom?

  • Besluit vandag wat dit is wat jou gaan help om dit reg te kry? 

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Merry & Bright: Celebrating Christmas Every Day

Daar is iets spesiaals omtrent Kersfees wat die beste in almal van ons na vore bring. Ons is dan gewoonlik vriendeliker, vrygewiger en bring meer tyd saam met ons geliefdes deur. Hoe sou dit wees as dit nie in Desember a...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid