Leesplan inligting

Vrolik en Vriendelik: Vier Elke Dag KersfeesVoorbeeld

Merry & Bright: Celebrating Christmas Every Day

DAG 3 VAN 7

Dis die Wonderlikste Tyd van die Jaar



"Ek wens ons kon 'n bietjie van die Kersfeesgees in bottels sit en elke maand een oopmaak." — Harlan Miller



Tydens Kersfees is ons meer gemoedelik as die res van die jaar. Ons glimlag 'n bietjie meer, lag 'n bietjie meer en is 'n bietjie vriendeliker. Ons maak spasie vir die motor wat by ons wil verbykom, ons gooi geld in die donasieblikkie, en ons sê mooi goed vir mense wat ons irriteer, want "Dis Kersfees."  



Wanneer 25 Desember eers verby is, pak ons die versierings weg saam met die Kersfeesgees. Jy weet, daardie Kersfeesgees wat ons meer geduldig gemaak het, 'n bietjie meer geld laat gee het en vriendeliker laat praat het. 



Vir baie mense is Kersfees 'n wonderlike tyd van die jaar. Dis makliker vir ons om in daardie tyd liefdevol en gaaf te wees. Omdat dit so 'n kort rukkie duur, dink ons: "Ek kan hierdie een dingetjie oorsien — dis mos Kersfees." Dit lyk egter onmoontlik om regdeur die jaar so op te tree. As ons wel anders na mense kan kyk en hulle behandel soos ons behandel wil wees, kan ons dit 'n werklikheid maak. 



Pastoor Craig Groeschel sê: "Ons beoordeel ander mense volgens hulle dade, maar beoordeel onsself volgens ons bedoelings." Hoe sou dit wees as ons eerder die beste van mense dink, in plaas van die slegste? Hoe sou dit wees as ons ander die voordeel van die twyfel gee wat hulle optrede teenoor ons betref? Mense is selfs tydens Kersfees nie perfek nie en sal ons by tye aanstoot gee. Hoe sou dit wees as ons kon verstaan dat elkeen seer het as gevolg van iets wat gebeur het, en dat ons almal 'n bietjie ekstra vriendelikheid sal waardeer.



Daardie vrou wat onbedagsaam voorkom en voor jou in die ry indruk? Dalk is haar lewe in skerwe omdat sy 'n miskraam gehad het. Die kind in die klas wat aanhoudend die res van die klas steur? Dalk skei sy ouers en hy weet nie hoe om die pyn te hanteer nie. Die pastoor wat nie lank genoeg vandag by die kerk met jou gesels het nie? Dalk is hy radeloos oor sy rebelse dogter. 



Ons kan nie aanvaar ons weet wat mense se bedoelings is nie, en ons kan nie verwag dat hulle altyd aan ons verwagtinge sal voldoen nie. Kom ons gee dieselfde genade wat ons graag wil ontvang. Nie net in die feestyd nie, maar die hele jaar lank. 



Oordink




  • Is jy vriendeliker tydens die Kerstyd? Of voel jy dat jy deurentyd vriendelik is?

  • Wat behoort jy te doen om mense op 'n gereelde basis, dag na dag, goed te behandel?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Merry & Bright: Celebrating Christmas Every Day

Daar is iets spesiaals omtrent Kersfees wat die beste in almal van ons na vore bring. Ons is dan gewoonlik vriendeliker, vrygewiger en bring meer tyd saam met ons geliefdes deur. Hoe sou dit wees as dit nie in Desember a...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid