Leesplan inligting

Vrolik en Vriendelik: Vier Elke Dag KersfeesVoorbeeld

Merry & Bright: Celebrating Christmas Every Day

DAG 5 VAN 7

Dis 'n Wonderlike Lewe



"My idee van Kersfees, oudtyds of nuwerwets, is eenvoudig: wees lief vir ander mense." - Bob Hope



'n Algemene tradisie waaraan mense in die laaste maand van die jaar deelneem, is om kerskaartjies uit te stuur. Dis in ongeveer 1840 deur Henry Cole begin en het eintlik sy ontstaan gehad in die feit dat hy te min tyd gehad het om te reageer op al die korrespondensie wat in sy huis opgehoop het. Hy het gevoel dat dit onbedagsaam van hom was om nie te reageer op al die briewe wat mense aan hom geskryf het nie. Daarom het hy toe 'n kunstenaar gehuur om die heel eerste kerskaartjie te skep. Sommige mense het hom gekritiseer, maar ander het sy voorbeeld gevolg. 



Met die instroming van elektroniese toestelle en sosiale media, het kerskaartjies al hoe minder gewild geraak. In stede daarvan stuur baie mense nou 'n e-pos of skep 'n prentjie wat hulle op sosiale media plaas. Ons hoef nie op te hou om kerskaartjies te stuur nie. Ons moet daarmee voortgaan as ons daarvan hou. Sal dit egter nie wonderlik wees om daarmee vol te hou nie? As ons meer moeite gedoen het om in kontak te bly met geliefde vriende en familie tussen Januarie en Oktober, sou dit nie nodig wees nie.



Ons is besiger as ooit tevore, want ons programme is voller as ooit tevore. Ons kan dalk 'n teks boodskap stuur of 'n boodskap op 'n sosiale media platform plaas, maar 'n kaartjie stuur? Ag nee wat, dis te belaglik en oudmodies … nie waar nie?



Wat sou gebeur as ons elke maand 'n brief aan iemand skryf? Wat sou gebeur as ons 'n stappie verder gaan en twee briewe per maand stuur? Of, wat as ons dit 'n vlak opskuif en sê: "Ek gaan 52 briewe 'n jaar aan 52 mense skryf." Dis een per week. En dis gekheid.



Of is dit?



Ons sal nooit weet wat dit vir iemand beteken om 'n brief van ons te ontvang nie - in die pos, op hul tafel, of onder die motor se ruitveër. Daar's nie net een manier om 'n bemoedigende brief aan iemand te skryf nie. Hulle kan dit dalk die dag ontvang as hulle nie kans sien om aan te gaan nie, en ons woorde van bemoediging kan net die ding wees wat hulle nodig het in die situasie waarin hulle is.



Oordink




  • Dink jy die mense in jou lewe sal baat vind by 'n brief, wat nie 'n tipiese kerskaartjie is nie?

  • Maak 'n lys van mense vir wie jy briewe wil skryf. Beplan wanneer jy dit gaan doen en doen dit.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Merry & Bright: Celebrating Christmas Every Day

Daar is iets spesiaals omtrent Kersfees wat die beste in almal van ons na vore bring. Ons is dan gewoonlik vriendeliker, vrygewiger en bring meer tyd saam met ons geliefdes deur. Hoe sou dit wees as dit nie in Desember a...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid