Leesplan inligting

Vrolik en Vriendelik: Vier Elke Dag KersfeesVoorbeeld

Merry & Bright: Celebrating Christmas Every Day

DAG 2 VAN 7

Kersfees Begin Met Christus 


"Kersfees is om iets ekstra vir iemand te doen." — Charles M. Schulz 


Een van die gewildste Kerstradisies, is om geskenke uit te deel en te ontvang. Advertensies om daardie "perfekte" geskenk te kry, begin alreeds vroeg in November.


Matteus 2 vertel die verhaal van Jesus se geboorte. Die wyse manne het gehoor dat Jesus gebore is en hulle het Hom gaan soek. Matteus 2:10 sê: "Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly" dat hulle Jesus gevind het en het vir Hom geskenke van goud, wierook en mirre gegee. 


Geskenke spreek van eerbaarheid en vrygewigheid en sê: "Ek het aan jou gedink." Ons is soos ons hemelse Vader as ons geskenke aan ander gee. Mense verwag gewoonlik geskenke tydens Kersfees, maar hoe sou dit wees as ons die hele jaar vrygewig is? Wat as ons sommer net in April vir 'n vriend 'n geskenk gee? Wat as ons vir 'n vriend of organisasie in Julie 'n bydrae maak? As ons om geskenke te gee, 'n normale deel van ons lewe maak, hoef ons nie daarop ingestel te wees om dit net een maand van die jaar te doen nie.


Dalk dink jy nou dat jy nie geld het om regdeur die jaar geskenke te koop of skenkings te maak nie. Hier is 'n paar gedagtes oor "om te gee":


'n Geskenk is 'n Geskenk
Dit beteken jy het aan iemand anders behalwe jouself gedink. Jy mag dalk baie, min of niks spandeer nie! Die bedrag maak nie saak nie; die gedagte wel. Wees dus kreatief met dit wat jy aan iemand anders wil gee. En moenie tot Desember wag nie.


Gee Meer as 'n Geskenk
Om vrygewig te wees gaan nie net daaroor om 'n fisieke geskenk te koop nie. Dit gaan ook daaroor om iets aan te bied om iemand anders te seën. 'n Weldaad of 'n bedagsame woord, is 'n goeie manier van gee. 


Elke Bietjie Help
Ons wag dikwels tot die laaste twee maande van die jaar voor ons iets gee. Ons kan dit egter verander en gewoond raak om ook tydens die ander 10 maande iets te gee. Dalk kan jy elke maand net 'n klein bietjie gee vir 'n nie-winsgewende organisasie. Of dalk kan jy 'n paar items kruideniersware vir 'n gesin in nood koop. Enige bedrag kan 'n verskil maak.


Die lewe bied ruim geleenthede om te gee en 'n seën vir iemand anders te wees. Of ons nou klere gee vir 'n enkel-ma se kinders, 'n skenking maak aan 'n nie-winsgewende organisasie, of iemand se dag opvrolik met 'n eenvoudige geskenk, dis dan wanneer ons optree soos ons hemelse Vader, as 'n gewer. 


Oordink


  • Dink jy aan jouself as 'n vrygewige persoon tydens Kersfees? Wat van die res van die jaar?
  • Wat kan jy doen om meer vrygewig deur die hele jaar te wees?
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Merry & Bright: Celebrating Christmas Every Day

Daar is iets spesiaals omtrent Kersfees wat die beste in almal van ons na vore bring. Ons is dan gewoonlik vriendeliker, vrygewiger en bring meer tyd saam met ons geliefdes deur. Hoe sou dit wees as dit nie in Desember a...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid