Leesplan inligting

Beter TesameVoorbeeld

Better Together

DAG 10 VAN 24

Liefde Dryf die Vrees Uit Jou Verhoudings Uit


"Ek haat jou!"


Wanneer mense dit in verhoudings sê, is dit dikwels 'n teken dat iemand 'n ander probeer beheer. Wat sit agter daardie beheer? Dit is vrees. Onsekerheid veroorsaak dat ons ander probeer beheer of die beheer van ander weerstaan. Wanneer jy so onseker is dat al waaraan jy dink is wat ander mense van jou dink, vernietig dit jou verhoudings en strem dit jou lewe.


Dit is 'n ongelooflike dilemma wat ons as mense het: Ons verlang om naby aan mekaar te wees, maar ons vrees ook om naby te wees. Ons verlang na intimiteit met ander, maar ons is ook tot die dood toe bang daarvoor.

Onsekerheid verhoed intimiteit en vernietig jou verhoudings. Jy kan nie naby aan iemand kom as daar vrees in die verhouding is nie. As onsekerheid verhoudings vernietig, wat bou dit dan? Liefde! Liefde bou verhoudings.

Die Bybel sê in 1 Johannes 4:18 (NLV): "Volmaakte liefde het nie plek vir vrees nie; volmaakte liefde dryf die vrees uit omdat vrees nog met straf behep is, en wie aanhou vrees, het nog nie dié volmaakte liefde bemeester nie." Hoe werk dit? Hoe verdryf liefde alle vrees?


Liefde vat die fokus van jou af en plaas die fokus op ander. Mense vra my baie keer: "Word jy ooit senuweeagtig wanneer jy voor baie mense by Saddleback praat?" Die antwoord is: "Natuurlik!" Maar weet jy wat maak die verskil? Ek kry die fokus van my af en fokus eerder op die mense voor my. As ek daar staan en dink oor wat hulle van my haarstyl dink, het ek iets om oor bang te wees, reg? Maar die oomblik wat ek begin dink aan hoe baie ek my kerkfamilie lief het en hoe ons God saam dien, dan is die vrees skielik weg.


Dit is dieselfde in enige verhouding. Deur te fokus op die ander persoon, gee dit jou die krag om vrees uit jou lewe te verwyder.


Hoe vind jy egter die krag om op ander mense te fokus? Jy word bewus van hoe lief God jou het. Die oomblik wat jy begin verstaan hoe lief God jou het, hoef jy jouself nie meer te bewys nie. Jy hoef nie jou lewe daaraan te wy om ander mense te beïndruk nie, want jy weet alreeds dat God jou lief het.


Weet jy hoe bevrydend en aangenaam dit is om jou lewe so te leef? Jou identiteit en selfwaarde is nie vasgevang in wat ander van jou dink nie. Wanneer jy veilig is in jou verhouding met Christus, word jy nie meer onder druk geplaas deur ander se verwagtinge nie. God se liefde maak jou vry om ander sonder vrees lief te hê.


Luister vandag na Pastoor Rick se lering >>


Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Better Together

Daar is geen manier om alles te kan wees wat God wil hê jy moet wees en die doelwitte te vervul waarvoor jy op hierdie planeet geplaas is, sonder enige hulp nie. Ons het mekaar nodig, en ons behoort aan mekaar in die lig...

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: www.rickwarren.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid