Leesplan inligting

Beter TesameVoorbeeld

Better Together

DAG 16 VAN 24

Om Jou Foute Te Erken Hou Vier Voordele In


Daar is 'n geheime bestanddeel wat die gemeenskap vinniger as enigiets anders bou: om ons foute te erken. Maar hoekom op aarde sal iemand die risiko neem om eerlik te wees? Dis die risiko werd. God sê daar is vier voordele aan verbonde om eerlik te wees oor ons flaters, ons gevoelens, ons foute en ons vrese.


1. Emosionele Genesing Die Bybel sê in Jakobus 5:16a: "Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word."

Daar is 'n groot verskil tussen vergifnis en emosionele genesing. As jy vergifnis nodig het vir iets in jou lewe, moet jy dit net aan God bely. Emosionele genesing gebeur wanneer jy iemand anders vertel.


2. 'n Nuwe Begin Spreuke 28:13 (NLV) sê: "Wie sy oortredings verswyg, sal nie voorspoedig wees nie. Wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang."


Een van die nuttigste dinge wat jy in jou kleingroepie kan doen, is om mense te help om hulself te vergewe. Baie mense het iemand nodig om te sê: "Het jy dit aan God erken? Dan is jy vergewe. Het jy dit bely? Dan is jy vergewe. Laat dit gaan."


3. God Se Krag Om Te Kan Verander "Onderwerp julle in nederigheid voor die Here, en Hy sal julle verhoog" (Jakobus 4:10).


Hoe werk dit? Die Bybel sê dat God die trotses weerstaan, maar Hy gee genade aan die nederiges. God se genade is die krag om te kan verander. Wanneer jy God se genade ontvang, kan jy die dinge verander wat jy nog altyd in jou lewe wou verander. Maar dit kom net deur nederigheid, en nederigheid kom deur eerlikheid.


4. Dieper Verhoudings Die Bybel sê: "Maar as ons in die lig lewe, soos God in die lig is, dan behoort ons aan mekaar" (1 Johannes 1:7a ABA).

Ons dink dat, wanneer ons openhartig is oor ons vrese, fobies, tekortkominge en geheime foute, mense minder van ons gaan dink. Die teenoorgestelde is waar! Hoe eerliker jy is, hoe meer hou mense van jou en wil saam met jou wees.


Baie van julle het besef: "My lewe is 'n gemors. Ek het 'n paar ernstige fobies, gewoontes, slegte reaksies en slegte verhoudings. Daar is geen manier dat ek al die slegte dinge in my lewe sal erken nie."


God wil jou seer genees. Dan wil Hy jou in die lewens van ander mense gebruik. Hy wag net vir jou om oor te gee.


Luister vandag na Pastoor Rick se lering >>


Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

Better Together

Daar is geen manier om alles te kan wees wat God wil hê jy moet wees en die doelwitte te vervul waarvoor jy op hierdie planeet geplaas is, sonder enige hulp nie. Ons het mekaar nodig, en ons behoort aan mekaar in die lig...

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: www.rickwarren.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid