Leesplan inligting

Beter TesameVoorbeeld

Better Together

DAG 18 VAN 24

So Word Jy 'n Betroubare Persoon


Vertroue is die emosionele gom wat jou nader aan jou vriende, jou familie en jou kleingroep trek. Sonder vertroue, sal jy nooit die intieme verhouding hê wat God van jou verlang nie. Sonder vertroue, is spanwerk onmoontlik.

Spreuke 20:6 (NLV) sê: "Baie mense sal voorgee dat hulle lojale vriende is, maar waar is daar iemand wat regtig betroubaar is?" Dit is duisende jare gelede geskryf, en tog het ons vandag nog dieselfde dilemma: Wie kan jy vertrou? Hoe sal jy 'n betroubare persoon vind? Meer belangrik nog, hoe word jy 'n betroubare persoon sodat mense jou kan vertrou?


1. Jy verdien mense se vertroue deur konsekwent te wees. Die Bybel sê in Lukas 16:10 (NLV): "As julle in klein sake getrou is, sal julle ook in groot sake getrou wees." Deesdae wil almal God op vanselfsprekende en vertonerige maniere dien. Maar God sê dat jy vertroue bou deur in klein dingetjies getrou te wees. Selfs wanneer niemand jou sien nie, sien God jou. Hy sien wat jy doen. Hy sê ook dat as jy in klein dingetjies getrou is, sal Hy jou al hoe meer verantwoordelikheid gee.


2. Jy verdien mense se vertroue deur vertroulik op te tree. Mense vertrou jou wanneer jy 'n geheim kan bewaar. Een van die reëls vir ons kleingroepe by die Saddleback kerk, is dat wat in die groep gesê word, net in die groep bly. Jou groep vertrou jou om wat hulle ook al deel, privaat te hou. Spreuke 11:13 (NLV) sê: "'n Geskinder lap geheime uit; betroubare mense bewaar geheime."


3. Jy verdien mense se vertroue deur beskikbaar te wees. Jy moet tyd met mense deurbring om hul vertroue te verdien. Die Bybel sê: "Kies jou vriende versigtig. 'n Ware vriend sal jou deur dik en dun bystaan" (Spreuke 17:17a DB). Dit beteken nabyheid. Afstand skep wantroue. Jy vertrou nie mense wat jy nie ken nie! Dus, as jy wil hê mense moet jou vertrou, moet jy tyd saam met hulle deurbring. Vertroue ontwikkel met tyd.


Luister vandag na Pastoor Rick se lering >>


Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Better Together

Daar is geen manier om alles te kan wees wat God wil hê jy moet wees en die doelwitte te vervul waarvoor jy op hierdie planeet geplaas is, sonder enige hulp nie. Ons het mekaar nodig, en ons behoort aan mekaar in die lig...

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: www.rickwarren.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid