Leesplan inligting

Beter TesameVoorbeeld

Better Together

DAG 19 VAN 24

Leer Hoe om Empatie te hê


Jy sal nooit in harmonie met jou vrou, man, vriende of enigiemand anders kan lewe sonder empatie nie. Jy kan nie in 'n span wees sonder om bewus te wees van wat in mekaar se lewens aangaan nie. Dis hoekom mense wat saam in 'n kantoor werk, nie werklik 'n span is tensy hulle ook weet wat in mekaar se lewens aangaan nie.


Empatie is so belangrik omdat dit in twee van ons diepste behoeftes voorsien: die basiese behoefte om verstaan ​​te word en 'n diepe behoefte dat ons gevoelens geldig is.


As jy dus 'n groep vriende by die werk of in jou kleingroepie wil bou, moet jy empatie in die struktuur inbou. Hoe word jy 'n persoon wat empatie betoon?

1. Verslap jou pas. Ons kultuur leer ons om 'n vinnig pas te handhaaf, en daarom is ons verhoudings oppervlakkig. Dit beteken dat jy van die hoogtepunte weet, maar die fyner besonderhede in die lewens van mense vir wie jy die meeste omgee, mis. Jakobus 1:19 (NLV) sê: "... wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie."


2. Vra vrae. Spreuke 20:5 sê: "'n Oorwoë mening is diep waters; 'n verstandige mens skep daaruit." Die meeste mense hou hul emosies vir hulself, en deel nie maklik hul gevoelens nie. "Dit gaan goed" is gewoonlik die standaard antwoord, maar dit sê nie regtig hoe hulle voel nie.


As jy vra: "Hoe gaan dit met jou?" en die ander persoon antwoord: "Goed dankie", moet ons leer om 'n dieper reaksie uit te lok deur byvoorbeeld die vraag weer te vra. Dis hoe jy empatie ontwikkel. Talm 'n oomblik en sê: "Nee. Hoe gaan dit regtig?"


Die ander ding is om te leer om 'n rukkie te wag. Dit beteken moenie bang wees vir stilte nie. Wees net in die oomblik, vra die vraag en moenie bang wees om daar te sit en wag nie. Moenie onmiddellik jou eie agenda ophaal nie. Luister net en leer.


3. Toon emosies. Die Bybel sê in Romeine 12:15: "Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur." Empatie is meer as om te sê: "Ek is jammer dat jy seer het." Empatie sê: "Ek het saam met jou seer." Jy is bereid om saam met hulle te huil en saam met hulle bly te wees.


Daar net een manier waarop jy so vol meegevoel gaan wees en dit is om self met God vervul te wees. As jou tenk leeg word, gaan jy glad nie meegevoel hê nie. Jy moet met God vervul bly.


"Wees almal eensgesind, meelewend, vol broederliefde, vol ontferming, nederig" (1 Petrus 3: 8 AFR20).


Luister vandag na Pastoor Rick se lering. >>


Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Better Together

Daar is geen manier om alles te kan wees wat God wil hê jy moet wees en die doelwitte te vervul waarvoor jy op hierdie planeet geplaas is, sonder enige hulp nie. Ons het mekaar nodig, en ons behoort aan mekaar in die lig...

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: www.rickwarren.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid