Leesplan inligting

Beter TesameVoorbeeld

Better Together

DAG 13 VAN 24

Hoe om vir Geestelike Groei te Bid


Paulus het in Kolossense 4:12 van 'n gebedsoldaat geskryf: "Epafras ... bid altyd ernstig vir julle dat julle staande mag bly en geestelik volwasse [kan wees]."


Epafras is vir my 'n held. Ek weet nie van jou nie, maar gebed is vir my moeilik. Jy sou dink dat dit natuurlik moet kom, maar dit is nie so vir my nie. Dus beïndruk dit my selfs meer dat Epafras die dissipline gehad het om altyd tyd te maak om vir mense te bid.


Maar ek hou ook van die feit dat hy vir mense se geestelike groei gebid het. Ons bid gewoonlik vir mense se behoeftes — gesondheid, finansies en verhoudings — maar ons bring nie naastenby soveel tyd deur om vir hul geestelike groei te bid nie. Ons bid nie dat God ons karakter sal verander om meer soos Hy te wees nie. Ek dink een van die redes is dat ons nie weet waarvoor om te bid nie.


Gelukkig is daar baie verse in die Bybel oor hoe om vir iemand se geestelike groei te bid.


"Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God" (Efesiërs 3:19). Wie ken jy wat dalk sukkel en God se liefde nou in hul lewens nodig het? Dink nou aan hulle en sê: "God, laat hulle vandag weet hoe lief U hulle werklik het."


"Mag … God julle toerus met alles wat goed is, sodat julle sy wil kan doen" (Hebreërs 13:21a). Ouers, sou julle dit nie graag vir jul kinders wou bid nie, dat hulle nie net sal doen wat reg is nie, maar dat hulle gretig sal wees om die regte ding te doen? Bid nou vir hulle: "God, gee hulle integriteit."


"[Ek bid dat] God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word ..." (Romeine 15:13). Wie het nie meer hoop of vreugde of vrede in hulle lewens nodig nie? Bid: "God, ek ken iemand wat hoop nodig het. Help hulle om in hierdie moeilike tyd op U te vertrou."

"[Ek dink aan julle in my gebede en vra] dat die God van ons Here Jesus Christus – die Vader aan wie al die heerlikheid behoort – aan julle geestelike wysheid en insig sal gee … "(Efesiërs 1:17 NLV). Wie ken jy wat ​​voor 'n besluit staan? Vra God om hulle sy wysheid te gee.


"Mag die Here julle hele lewe instel op God se liefde en die volharding wat Christus aan ons gee" (2 Tessalonisense 3:5 NLV). Kry enigiemand dit al reg? Ons is maar nog net nie daar nie. Maar ons kan vir mekaar bid dat ons die res van ons lewens sal groei om nader daaraan te kom. Bid daardie vers vir iemand.


"Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word" (Efesiërs 3:16). Wie ken jy wat oorweldig voel deur die lewe of wat alles in hul eie krag moet doen? Bid dit vir hulle. Sê: "God, help hulle om vandag te weet dat hulle nie alleen is nie. Gee aan hulle sterkte en krag."


Luister vandag na Pastoor Rick se lering >>


Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Better Together

Daar is geen manier om alles te kan wees wat God wil hê jy moet wees en die doelwitte te vervul waarvoor jy op hierdie planeet geplaas is, sonder enige hulp nie. Ons het mekaar nodig, en ons behoort aan mekaar in die lig...

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: www.rickwarren.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid