Leesplan inligting

Versameling: Vind Saam Die LeweVoorbeeld

Collective: Finding Life Together

DAG 7 VAN 7

Wanneer voel jy soos 'n grootmens, of kry jy jou lewe in orde?



Jy het by die laaste dag van hierdie leesplan gekom, maar het heel moontlik nog baie meer vrae as antwoorde. Jy moet weet dat dit ook goed is. 



Jy voel nooit regtig soos 'n grootmens nie, en jy voel ook nie regtig dat jy al die antwoorde het nie. En dit is soos God dit bedoel het. As ons al die antwoorde gehad het, sou ons God nie nodig gehad het nie. 



Psalm 119:105 sê dat die Woord van God 'n lamp vir ons voet en 'n lig vir ons pad is. Dis 'n pragtige beeld. Dit sê basies dat God vir ons genoeg inligting gee om die regte ding te doen. Ons sien egter nie die volle prentjie nie. En dis die idee. Omdat ons nie weet wat volgende kom nie, is dit 'n goeie geleentheid om God te vertrou. 



Ons kan na God toe kom met wat ons dink hoe ons lewens moet wees, maar ons hou ons planne na Hom toe uit met oop hande, en weet dat sy doelwitte baie groter is as wat ons ooit kan vra, dink, of ons voorstel. 



Moet dus nie so erg bekommerd wees om jou lewe in orde te kry nie. Jou karakter word nie bepaal deur iets groots wat jy doen om jou beroep te bevorder nie. Dit gaan oor hoe lief jy jou naaste het. Gebruik die gawes wat God in jou geplaas het, om die wêreld om jou te verander. 



Moenie oorweldig raak deur dit wat jy nie weet nie. 1 Korintiërs 8:1 herinner ons daaraan dat kennis ons belangrik laat voel, maar dat liefde ons opbou. Van Jesus se laaste woorde was in 'n gebed aan God, waar Hy gevra het dat ons in eenheid sal lewe. Dit sê vir ons dat ons menings van min waarde is in vergelyking met hoe belangrik ons liefde vir mekaar is. 



Om 'n grootmens te wees gaan nie daaroor om iewers te kom nie. Dit gaan eerder daaroor om te leer om op God en die mense om ons te vertrou. Hou vas aan die Woord van God. Doen die regte ding wat Hy van jou vra. Wees lief vir die mense naby aan jou. Wat gebeur as jy dit doen? Dit sal vir jou en die kerk versterk. 



Dink hieroor: Hoe kan jy leer om op God en mense om jou te vertrou? 



Bid: Dankie Vader, vir die planne wat U vir my het. Help my om my planne na U te bring, in die vertroue dat u doel meer is as wat ek kan vra, dink of my voorstel. Omring my met die regte mense. Help my om te doen wat U van my vra. Help my ook om U en ander elke dag meer lief te hê. In die Naam van Jesus. Amen. 



Vind meer grootmens wenke by "finds.life". 


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Collective: Finding Life Together

Wanneer jy 18 word, voel dit of jy jou lewe in orde moet kry. Wat as jy dit nie regkry nie? Die plek waar jy nou is, is dalk nie die plek waar jy gedink het jy nou sou wees nie. Jy is nie die enigste een nie. Kom ons ber...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid