Leesplan inligting

Versameling: Vind Saam Die LeweVoorbeeld

Collective: Finding Life Together

DAG 5 VAN 7

Hoe vind jy uit wat jou doel in die lewe is?



Ons vra dikwels vir ons kinders: "Wat wil jy word as jy eendag groot is?" As jy bietjie daaroor dink, is dit nogal 'n indringende vraag vir 'n 5-jarige. Maar wanneer jy 18 word, is daar ewe skielik hewige druk op jou om dit uit te vind. Die groot vraag is dus: Wat is ek veronderstel om met my lewe te doen?



Gelukkig gee Jesus vir ons 'n raamwerk. Op dag een het ons uitgevind dat ons doel in die lewe is om God en mense lief te hê. Dit klink maklik, maar dit is moeilik om uit te leef. 



Om mense lief te hê, beteken dat jy hulle ook moet liefhê wanneer hulle 'n deurmekaarspul van hulle lewens maak, jou sleg behandel en jou kwaad maak. Dit beteken elke besluit word deur 'n vraag vergesel: Wys hierdie besluit dat ek die mense om my liefhet? 



Jesus het ons selfs meer duidelikheid oor ons roeping gegee voordat Hy sy dissipels verlaat het. Met sy laaste opdrag, het Hy ons doel bevestig: om na al die nasies te gaan, hulle dissipels te maak en te leer om aan God gehoorsaam te wees. Hy het ook belowe om elke oomblik by ons te wees. 



Ons doel is om mense na Jesus toe te lei, deur hulle lief te hê soos Jesus hulle liefhet. Weereens klink dit maklik, maar dit is nie. Dit maak nie saak waar jy jou bevind nie, dit is jou doel. Of jy nou vir 'n maatskappy werk of in 'n restaurant, moet jy dit jou doel maak om mense om jou lief te hê en hulle die goeie nuus van Jesus te vertel. 



En weet dit: jy hoef nie iets drasties te doen om iets belangriks te doen nie. Jy hoef nie die besturende direkteur te wees of in die bediening te gaan of 'n groot veldtog te lei om 'n verskil te maak nie. Al daardie goed is wonderlik, maar almal van ons het die geleentheid om groot dinge te doen, deur ons naaste elke dag lief te hê. 



Haal die druk van jouself af. Raak ontslae van onnodige verwagtinge wat jy op jouself geplaas het. God is by jou, Hy lei jou op die pad wat Hy vir jou beplan het. 



Wonder jy nog steeds hoe om hierdie waarheid toe te pas wanneer jy groot besluite moet neem? 



Hier volg drie vrae om jou te help besluit hoe jy jou doel kan uitleef. Hou in gedagte dat jy God en ander kan liefhê en dissipels kan maak oral waar jy gaan. 



1. Watter ervarings in die verlede het jou gevorm? Jou verlede definieer jou nie, maar dit bou jou ondervinding. Is jy al deur 'n ervaring waarmee jy ander kan help? Dit kan jou help om vas te stel waar jou passie lê. 



2. Het jy enige bewustheid van 'n roeping? Wat veroorsaak regverdige woede in jou? Byvoorbeeld: dalk is jy passievol daaroor om kinders in 'n onveilige omgewing te beskerm. Voel jy aangetrokke om siek mense te versorg? Wat dit ook al is, dink daaroor of 'n sekere beroep jou sal help om meer te kan doen waarvoor God jou geskape het. 



3. Wat is jou natuurlike talente? Ons elkeen het verskillende gawes by God gekry om Hom te eer. Wat doen jy van nature? Dit kan jou help besluit wat jou roeping is. 



Dink hieroor: Staan tyd af om hierdie vrae te oordink. Bid oor die antwoorde en praat daaroor met vriende naaste aan jou. Kyk of al die vrae vir jou 'n duidelike idee van jou lewensdoel kan gee. 



Bid: Dankie Vader, dat U vir elkeen van ons verskillende gawes en vaardighede gegee het. Help my om U en die mense om my meer lief te hê. Help my om dissipels te maak. Gee my helderheid om te weet waar ek U kan dien, en wys my wat ek volgende moet doen. In die Naam van Jesus. Amen. 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Collective: Finding Life Together

Wanneer jy 18 word, voel dit of jy jou lewe in orde moet kry. Wat as jy dit nie regkry nie? Die plek waar jy nou is, is dalk nie die plek waar jy gedink het jy nou sou wees nie. Jy is nie die enigste een nie. Kom ons ber...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid