Leesplan inligting

Versameling: Vind Saam Die LeweVoorbeeld

Collective: Finding Life Together

DAG 1 VAN 7

Wonder jy of jou lewe die regte rigting volg? 



Wanneer jy 18 word voel dit of jy veronderstel is om oornag 'n grootmens te word en jou lewe agtermekaar te kry. Hoe hanteer jy dit as jy meer vrae as antwoorde het? Wanneer jy voel dat jy nie aan die verwagtinge wat jy en ander vir jou stel voldoen nie? Waar jy gedink het jy sou wees, is nie waar jy nou is nie en jy is nie seker waarheen jy op pad is nie.



Haal diep asem. Wees gewaarsku — niemand se lewe is ooit heeltemal agtermekaar nie, dis maar soos dit is. Ons leer almal maar nog hoe om op God en mense om ons te vertrou en om die lewe een tree op 'n slag aan te pak. Jesus het inderwaarheid gesê ons moenie bekommerd wees oor môre nie, want vandag het genoeg van sy eie probleme.



Dis waar, is dit nie? Wanneer ons oor ons finansies, toekoms, verhoudings en beroepe begin dink, raak dit net te veel vir ons. As ons egter stilstaan en een dag op 'n slag aanpak, sal dit die druk van ons afvat en sal ons op God begin vertrou.



Die probleem met die lewe is dat dit baie kort is. Dit klink dalk neerdrukkend, maar Psalm 90:12 sê in werklikheid dat ons wysheid verkry as ons leer om ons dae reg te gebruik. Is dit vreemd? Nie eintlik nie. Wanneer ons besef dat môre nie 'n gegewe is nie, kan ons elke dag as 'n geskenk van God sien. 'n Geskenk van nuwe genade. Vars genade. En meer geleenthede om te leer en te groei.



As jy dus wonder of jou lewe in die regte rigting beweeg, weet net dat jy nie die enigste een is nie. As mense het ons die geneigdheid om meer antwoorde te soek, wanneer ons inderwaarheid net meer van God nodig het.



Dis egter 'n goeie vraag. Selfs in Jesus se dae het mense belangrike vrae gevra. Iemand het Hom eenkeer gevra wat die belangrikste gebod is.



Wat Jesus gesê het was so eenvoudig en tog ook so moeilik. Hy het gesê dat die belangrikste ding is om God en mense lief te hê. 'n Ander keer het Jesus gesê dat die wêreld sy volgelinge sou uitken aan hulle liefde vir ander. 



Dis dan reg om te sê, dat as jy God en die mense om jou liefhet, jy op die regte pad is.



Oor die volgende paar dae sal ons sommige grootmensvrae aanspreek wat ons almal van tyd tot tyd het. Ons gaan kyk hoe Jesus dit op uitsonderlike maniere antwoord, in die konteks van ons gewone lewe.



Dink hieroor: Op watter manier kan ek God en die mense om my liefhê? 



Bid: Dankie Vader, dat U die Oppermagtige is en dat ek al my bekommernisse oor die toekoms op U kan laai. Dankie vir u genade, guns en liefde. Help my om op U staat te maak en nie op my eie pogings nie. Leer my om my dae reg te gebruik en dit ten beste te benut tydens my kort tydjie hier op aarde. Help my om U en ander elke dag meer en meer lief te hê. In die Naam van Jesus. Amen. 



Wil jy meer uitvind oor hoe om 'n grootmens te wees? Kyk na die gepaardgaande 5 video-grepe Versameling. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Collective: Finding Life Together

Wanneer jy 18 word, voel dit of jy jou lewe in orde moet kry. Wat as jy dit nie regkry nie? Die plek waar jy nou is, is dalk nie die plek waar jy gedink het jy nou sou wees nie. Jy is nie die enigste een nie. Kom ons ber...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid