Leesplan inligting

Versameling: Vind Saam Die LeweVoorbeeld

Collective: Finding Life Together

DAG 4 VAN 7

Hou ander mense van my? Hou ek ooit van myself?



Sosiale media kan 'n kultuur van vergelyking skep. Dis soos 'n nimmereindigende digitale telbord. Ons vergelyk hoe baie mense van ons foto's hou, in vergelyking met ander s'n. Ons sien 'n foto wat geplaas word van 'n groep vriende, en wonder: Hoekom was ek nie genooi nie? Hoekom voel ek so eensaam? 



Hier is die ding wat ons moet besef: Digitale goed kan heel dikwels misleidend wees. Ons vergelyk ons hele lewe met een foto van iemand anders. Ons kan dink al die ander se lewens is reg, dis net ons wat sukkel. In werklikheid sukkel daardie mense net soos ons. Ons sien dit net nie raak nie. 



Dis hoekom ons moet ophou vergelyk en kompeteer. Jesus het in Matteus 9:36 vir ons baie hieroor geleer. In daardie verhaal het Jesus 'n skare mense gesien en innig jammer vir hulle gevoel. 



Kom ons wees nou eerlik. Wanneer jy 'n skare mense sien; voel jy medelye of sien jy hulle as kompetisie? 



As ons hulle as kompetisie sien, het ons nie medelye nie en as ons nie medelye het nie, verloor ons verbondenheid. 



Kom ons hou dus op met hierdie eindelose siklus van vergelyking en kies eerder om ons identiteit in Christus aan te gryp. Hoe lyk dit dan? 



Jou identiteit is nie op jou gevoelens gebaseer nie, maar op die vervulling met die Heilige Gees. As ons Jesus volg, is dieselfde Gees wat Jesus uit die dood opgewek het, in ons. Op daardie dae wanneer jy onbevoeg voel, kan jy onthou dat gevoelens verander, maar God is gister, vandag en vir ewig dieselfde is. En as gevolg van wat Jesus vir ons gedoen het, sien God nie ons sonde nie. Hy sien sy Seun. 



Jy is as die beeld van God geskape. Jy het die Heilige Gees in jou. Op jou slegste en op jou beste dae, het God jou lief, is Hy daar vir jou, en kies Hy jou. Wanneer jy dit nie voel nie, lees in elk geval die Woord van God. Maak elke dag verklarings wat op die Skrif gebaseer is, om jou te help onthou wie God sê jy is. 



As jy weet wie jy is, kan jy ophou vergelyk en begin om die unieke maniere waarop God elkeen van ons gemaak het, te vier. 



Dink hieroor: Hoe kan jy ophou om jouself met ander te vergelyk en begin om hulle uniekheid te vier? Watter stappe moet jy neem om regtig te begin glo wie God sê jy is? 



Bid: Dankie Vader, vir Jesus. Dankie vir u genade en liefde. Help my om te begin besef en glo wat U oor my sê. Help my om op te hou om myself met ander te vergelyk, en eerder bly te wees oor die mense om my. Gee my medelye vir myself en ander om my. In die Naam van Jesus. Amen. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Collective: Finding Life Together

Wanneer jy 18 word, voel dit of jy jou lewe in orde moet kry. Wat as jy dit nie regkry nie? Die plek waar jy nou is, is dalk nie die plek waar jy gedink het jy nou sou wees nie. Jy is nie die enigste een nie. Kom ons ber...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid