Leesplan inligting

Versameling: Vind Saam Die LeweVoorbeeld

Collective: Finding Life Together

DAG 2 VAN 7

Is almal so eensaam soos ek?



Deesdae is inligting 24/7 tot ons beskikking. Jy kan enigiets, enige tyd op Google vind. Jy kan handige YouTube videos kry hoe om 'n pap band om te ruil, hoe om 'n begroting op te stel, of selfs hoe om ramen noedels te maak. Alhoewel hierdie inligting nuttig kan wees, kan dit so baie alleentyd in beslag neem, en dis nie waarvoor ons geskape is nie.



God het ons geskape om in 'n gemeenskap te leef. Dis 'n woord wat ons baie in die kerk gebruik en beteken eintlik dat ons goeie vriende nodig het. Hoekom? Want om inligting op jou eie te gebruik, lei selde tot verandering. Ons het wysheid nodig en wysheid floreer ten beste binne 'n gemeenskap.



Kom ons gaan terug, heel na die begin toe. Die eerste ding wat God gesê het "nie goed" was vir die mens nie, was om alleen te wees. Ons is geskape om mense nodig te kry. Jesus het vir ons die voorbeeld gestel tydens sy bediening en lewe op aarde. 



Jesus het 12 onvolmaakte mense gekies om saam met Hom te lewe. Hulle het saam geëet, gebid, en gedien. Hoekom het Hy dit gedoen? Jesus het nie mense nodig gehad nie. Nou ja, Hy is mos Jesus. Dalk was dit om vir ons te wys hoe om onvolmaakte mense lief te hê vir sy volmaakte doel. 



Jesus het vir ons gewys wat dit is om goeie vriende te hê. Hy het ook geweet dat dit Hom duur te staan sou kom. Hy het geweet Judas sou hom verraai. En regtig, Petrus was somtyds net een te veel. Hy het geweet Petrus sou ontken dat hy Hom ken en Hom dan verwerp, maar Jesus het hom nogtans liefgehad. 



Daar is 'n les wat ons uit hierdie soort liefde kan leer. Ons kan partykeer so desperaat wees om die perfekte vriend te vind, dat ons dié wat vlak voor ons oë is miskyk. Wanneer ons sulke mense vind, moet ons lief wees vir hulle, foute en al, net soos Jesus vir ons lief is.



Die ander belangrike voordeel van 'n gemeenskap, is dat Jesus nie net die voorbeeld gestel het nie, maar belowe het dat Hy saam met ons daarin sal wees. Jesus het gesê waar twee of meer mense in sy Naam bymekaar is, Hy ook by hulle is. Dis 'n baie goeie rede om tyd saam met ander mense deur te bring. 



As jy dus besig is om jou lewe te beplan sonder om mense daarby te betrek, sal dit heel waarskynlik nie gebeur soos jy verwag nie. Ons het mense nodig om ons doel te bereik. Ons het mense nodig om onsself te ontdek. Ons het mense nodig om ons te bemoedig, te versterk, om saam met ons te bid, om ons uit te daag en ons op te help wanneer ons val en misluk.



Dit kan moeilik raak. Dit sal ook nie altyd sin maak nie. As jy egter kies om soos Jesus te wees en soos Jesus lief te hê, sal jy besef dat jy na iets beters op pad is, soos ons in dag een genoem het.



Dink hieroor: Watter vriendskappe kyk jy mis, omdat jy die volmaakte soek? 



Bid: Dankie Jesus, dat U vir ons wys wat dit behels om gemeenskap te hê. Dankie dat U belowe om by ons te wees wanneer ons bymekaar kom. Help my om meer op U en die mense wat U in my lewe geplaas het, staat te maak. Help my om lief te hê soos U liefhet. In u Naam. Amen. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Collective: Finding Life Together

Wanneer jy 18 word, voel dit of jy jou lewe in orde moet kry. Wat as jy dit nie regkry nie? Die plek waar jy nou is, is dalk nie die plek waar jy gedink het jy nou sou wees nie. Jy is nie die enigste een nie. Kom ons ber...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid