Leesplan inligting

Die Konstruksie Van Die TabernakelVoorbeeld

Die Konstruksie Van Die Tabernakel

DAG 10 VAN 10

DIE VLOER VAN DIE TABERNAKEL


Die vloer van die tabernakel was woestynsand! Die priester se voete was dus altyd op die woestynsand aangesien daar geen stoel in die tabernakel was om op te sit nie. Die priester moes dus al sy werk staande doen op die aarde, die grond waarop hy loop. Dat daar ’n vloer en geen stoel was nie beteken dat die priester voortdurend in kontak met die aarde was, die woestynsand. 


Die Here het ná die sondeval gesê: “Vervloek is die aarde om jou ontwil” (Gen 3:17). 


Ten spyte van die tabernakel en sy heerlikheid, sy verlossing, sy versoening en saligheid wat uitgebeeld word, word die mens dag ná dag in sy daaglikse omswerwinge en arbeidsaamheid herinner dat hy steeds in ’n sondige, vuil wêreld lewe. Jesus Christus leer ons dan ook in Johannes 13:10: “Hy wat gewas is (wedergebore is), het niks anders nodig as om die voete te was nie” (reiniging van ons daaglikse sondes), omdat ons as kinders van God steeds in ’n sondige wêreld leef. 


Ons het ’n wonderlike belofte uit Johannes 1:7: “Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, Sy Seun, reinig ons van alle sonde.”


Vir meer inligting en studies oor die boeke van die Bybel, besoek Raymond Lombard Ministries 

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Die Konstruksie Van Die Tabernakel

Reg aan die begin van ons studie rakende die tabernakel moet ’n keuse gemaak word: Begin ons by die Allerheiligste soos ons sien die Bybel dit in Exodus 25 doen, begin ons by die silwerfondament van die tabernakel self, ...

More

Ons wil graag bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid