Leesplan inligting

Die Konstruksie Van Die TabernakelVoorbeeld

Die Konstruksie Van Die Tabernakel

DAG 2 VAN 10

DIE OPNEEM VAN DIE SILWER


Die silwer is bekom deurdat elke Israelitiese man bo twintig wat uit Egipte vrygekoop is, ’n halwe sikkel silwer losgeld aan die Here moes betaal.



  • As jy die volle getal van die kinders van Israel opneem volgens hulle geteldes, moet hulle, elkeen vir sy lewe, losgeld aan die Here gee as hulle getel word, sodat geen plaag onder hulle mag wees as hulle getel word nie. Dit moet hulle gee, elkeen wat na die geteldes oorgaan: ’n halfsikkel volgens die sikkel van die heiligdom – die sikkel is twintig gera – ’n halfsikkel as offergawe aan die Here. Elkeen wat oorgaan na die geteldes, van twintig jaar oud en daarbo,      moet die offergawe van die Here gee. Die ryke moet nie meer en die arme      moet nie minder as ’n halfsikkel bring nie, as hulle die offergawe van die      Here gee om vir hulle siele versoening te doen. Neem dan die versoeningsgeld van die kinders van Israel en bestee dit aan die bediening van die tent van samekoms, dat dit die kinders van Israel in gedagtenis kan bring voor die aangesig van die Here om vir julle siele versoening te doen (Ex 30:12-16).

  • So was dan al die geteldes van die kinders van Israel volgens hulle families van      twintig jaar oud en daarbo, almal wat in Israel op kommando moet uittrek –      al die geteldes was dan seshonderd-en-drieduisend-vyfhonderd-en-vyftig. Maar die Leviete, volgens hulle voorvaderlike stam, is onder hulle nie getel nie      (Num 1:45-46). Die rede? Die antwoord vind ons in Númeri 1:48 - 51.


Daar was dus 603 550 halfsikkels vir die vervaardiging van die silwervoetstukke. Elke talent was in gewig 6 000 sikkels silwer. Daar was dus eenduisend-sewehonderd-vyf-en-sewentig sikkels (ongeveer 350 kg silwer) oor (Ex 38:25). Daardie silwer is gebruik vir die silwerkramme, silwerhake en silwertoppe van die pilare van die omheining (Ex 38:27-28, Ex 27:9-17).


Alle silwer is dus opgebruik vir die doel om die tabernakel in posisie te hou, absoluut niks is vermors of het oorgebly nie. Die ganse tabernakel is dus in posisie gehou deur die versoeningsgeld wat die Israelitiese mans moes betaal .

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Die Konstruksie Van Die Tabernakel

Reg aan die begin van ons studie rakende die tabernakel moet ’n keuse gemaak word: Begin ons by die Allerheiligste soos ons sien die Bybel dit in Exodus 25 doen, begin ons by die silwerfondament van die tabernakel self, ...

More

Ons wil graag bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid