Leesplan inligting

Die Konstruksie Van Die TabernakelVoorbeeld

Die Konstruksie Van Die Tabernakel

DAG 9 VAN 10

DIE INGANG VAN DIE TABERNAKEL SELF


Die vyf pilare by die ingang van die tabernakel was ook gemaak van akasiahout en met goud oorgetrek, maar het gestaan op vyf kopervoetstukke (Ex 26:36-37), en nie silwervoetstukke soos die vier pilare (Ex 26:31-33) tussen die Heiligdom en Allerheiligste nie. Die rede waarom hierdie vyf pilare op kopervoetstukke gestaan het, is omdat hulle net buite die tabernakel self geplaas was – by die ingang. 


Daarom is hulle geag as deel van die voorhof waar die res van die voorhof se voetstukke van koper gemaak was (Ex 27:17). 


Koper spreek van oordeel en vyf van genade. Dit is uitsluitlik die genade van God dat ons in Christus reeds geoordeel is sodat ons nou toegang het tot die Heiligdomme en Allerheiligste teenwoordigheid van God, om met ’n Heilige God gemeenskap te kan en mag hê.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Die Konstruksie Van Die Tabernakel

Reg aan die begin van ons studie rakende die tabernakel moet ’n keuse gemaak word: Begin ons by die Allerheiligste soos ons sien die Bybel dit in Exodus 25 doen, begin ons by die silwerfondament van die tabernakel self, ...

More

Ons wil graag bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid