Leesplan inligting

Die Konstruksie Van Die TabernakelVoorbeeld

Die Konstruksie Van Die Tabernakel

DAG 5 VAN 10

DIE DWARSHOUTE VAN DIE TABERNAKEL


Die 48 style wat onder op die silwervoetstukke staangemaak was, is saamgehou deur 15 dwarshoute wat ook, soos die style, met goud oorgetrek was. Daar was vyf dwarshoute aan elk van die noordelike, westelike en suidelike sy. Twee kort dwarshoute aan die bokant van die een, lang, deurlopende dwarshout en twee aan die onderkant daarvan (Ex 26: 26 - 30). Die ringe wat gedien het as plekke om die dwarshoute in posisie te hou, was van goud gemaak (Ex 26:29).


Die doel van hierdie dwarshoute was om die hele konstruksie van die tabernakel aanmekaar te hou sodat dit nie uitmekaar sou val nie. Die regopstaande style is in posisie gehou deur die vyf horisontale dwars-houte aan elke sykant. Dit spreek van Christus se krag waarmee Hy alles in stand hou, want, sê Paulus: “Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand” (Kol 1:17). Dit is hierdie krag waarmee Hy die Kerk (die Heilige plek in die tabernakel waaroor later meer gesê sal word), omring en beskerm sodat selfs die poorte van die doderyk dit nie sal oorweldig nie (Matt 16:18).

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Die Konstruksie Van Die Tabernakel

Reg aan die begin van ons studie rakende die tabernakel moet ’n keuse gemaak word: Begin ons by die Allerheiligste soos ons sien die Bybel dit in Exodus 25 doen, begin ons by die silwerfondament van die tabernakel self, ...

More

Ons wil graag bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid