Leesplan inligting

Die Konstruksie Van Die TabernakelVoorbeeld

Die Konstruksie Van Die Tabernakel

DAG 8 VAN 10

DIE BUITE-BEDEKKINGS


Soos in die geval van die binne-bedekkings is daar ook twee buite-bedekkings.



  • DIE DEKKLEED VAN ROOIGEVERFDE RAMSVELLE (Ex 26:14; 36:19) – Die rooigeverfde ramsvelle spreek eerstens van:

    • Christus se plaasvervangende dood. Die ram word in die Skrif voorgehou as ’n plaasvervanger vir die mens, “Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer” (Gen 22:13). Die ram is nie alleen deur God voorsien as ’n plaasvervanger nie, maar word ook “die wydingsram” (Ex 29:26, 27, 31) genoem.  Vat ons die twee gedagtes saam, kan ons sê dat Christus Homself volkome aan God die Vader gewy het om as die       sondaarmens se plaasvervanger aan die kruis te sterf (Jes 53:6; 1 Pet 3:18; Rom 5:8; Gal 3:13). Christus se plaasvervangende soendood was geen geforseerde saak nie; inteendeel, Parker skryf: “On the cross Christ was willingly caught in the thicket of God’s Law, and sacrificed instead of the world whose sins held Him there.” Só het Christus uit eie, vrye wil Sy lewe vir ons afgelê (Joh 10: 18).

    • In die tweede plek merk ons dat die rooigeverfde ramsvelle geen mates aantoon nie. Dié dekkleed, wat ook spreek van Christus se gewillige gehoorsaamheid tot die dood toe, dui geen mates aan nie. Dit spreek van die onbeperktheid van Christus se versoeningswerk aan die kruis (Joh 3: 16).



  • DIE DEKKLEED VAN ROBBEVELLE (Ex 26:14; 36:19) – Die robbevelle was nie vir skoonheid bedoel nie, maar wel vir beskerming. Hierdie was die heel buitenste bedekking wat al die ander bedek het. Dit was vaal en onaantreklik; niks wat die verbeelding aangryp nie. Niemand wat kyk na die tabernakel, bedek met robbevelle, sou kon droom watter prag en praal en heerlikheid dit insluit nie. Eers wanneer ’n mens binne-in die tabernakel is, kan jy dit waarneem.


In die dekkleed van robbevelle het ons ook ’n volmaakte beeld van Christus se mensheid. Dit wys daarop dat God sy Seun met onaansienlike mensheid in teenstelling met Sy hemelse heerlikheid, hier op aarde beklee het – “Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie” (Jes 53:2). Niemand wat na Jesus in Sy uiterlike armoedigheid gekyk het, sou ooit kon dink dat Hy die Skepper van die heelal is nie. Niemand sou in Hom die Een kon sien wat alle dinge deur die krag van sy Woord dra nie (Heb 1:3). Uiterlik kon niemand in Hom die heerlikheid van God sien nie (Heb 1: 3). Tog beloof Hy ons sy beskerming.


SAMEVATTING


Ons kan die viervoudige bedekking van die dak en sykante van die tabernakel saamvat deur te sê dat al die dekkledings op Christus wys. Die robbevelle spreek van Sy mensheid; die rooigeverfde ramsvelle wys op Christus se toewyding en gehoorsaamheid tot die dood toe; die bokhaar en seil tipeer Christus se sondoffer; en die tentdoek van fyn dubbeldraag-linne spreek van Sy heerlikheid.


Robbevelle – was die heel boonste bedekking (Ex 26:14).


Ramsvelle – was onder die robbevel (Ex 26:14).


Wit bokhare – dié tentseil was onder die ramsvelle (Ex 26:7).


Fyn dubbeldraad-linne – die plafon is ook genoem “die tabernakel” (Ex 26:1).

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Die Konstruksie Van Die Tabernakel

Reg aan die begin van ons studie rakende die tabernakel moet ’n keuse gemaak word: Begin ons by die Allerheiligste soos ons sien die Bybel dit in Exodus 25 doen, begin ons by die silwerfondament van die tabernakel self, ...

More

Ons wil graag bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.raymondlombard.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid