Leesplan inligting

Oor Niks BekommerdVoorbeeld

Anxious For Nothing

DAG 4 VAN 7

Jesus ontmoet ons te midde van angs, selfs wanneer ons aanvanklik nie sy teenwoordigheid ervaar nie. Chelsea het angs vir die eerste keer ervaar net nadat sy afgestudeer het. Hier volg haar verhaal hoe God haar uit die duisternis in sy vrede gebring het. 



Die gevoelens van vrees, bekommernis en depressie was so werklik. Ek was elke dag so naar, dat ek beswaarlik kon eet. Al het ek elke nag meer as 12 ure geslaap, was dit elke oggend 'n stryd om uit die bed op te staan. Ek was so vasgevang in my eie gedagtes dat ek baie dae eenvoudig glad nie gepraat het nie. Ek het by my gesin, 'n dokter, 'n berader, pastore en vriende hulp gesoek, maar dit was asof my donker dae nimmereindigend was.



Ons almal ervaar donker dae en daardie dae hou soms vir weke aan. Of maande, of jare. As jy egter die verhaal van Goeie Vrydag ken, die dag waarop Jesus sy lewe vir ons gegee het, weet jy daar is goeie nuus, my vriende. Vrydag is donker, maar Sondag is op pad! 



Ons het hoop in die duisternis, en ons hoop het 'n naam. Sy naam is Jesus. 



Op my donkerste dag, 'n Vrydag in Julie, het ek uiteindelik nader aan Hom gekom net soos Hy nader aan my gekom het. Ek het gebid: 



Jesus, help my om die leuens van die vyand te verwerp.

Jesus, help my om my angstige hart te oorwin.

Jesus, help my om te vertrou dat U in beheer is.

Jesus, help my om te glo dat die Gees wat U uit die dood opgewek het ook in my is.



Twee dae later, die Sondag, het ek wakker geword sonder die gewig van depressie of gevoel van angs. Vir die eerste keer in 'n baie lang tyd kon ek sy vrede ervaar. Ek het 'n wonderbare genesing ervaar wat slegs deur die goedheid van God verklaar kan word.



Gedurende my donker dae het Jesus vir my hoop gegee. Selfs toe ek nie sy teenwoordigheid kon ervaar nie, was Hy daar. Elke dag wat ek ver van Hom gevoel het, het Hy my nader aan Hom getrek.



Ek weet nie of jy die skielike, wonderbaarlike genesing sal ervaar soos ek het nie. Ek weet egter vir seker dat God met jou in jou pyn is. 



Jesus verstaan menslike lyding en Hy gee om. Hy het soveel omgegee dat Hy die hemel verlaat en vir ons gesterf het, om so, eens en vir altyd, 'n einde aan ons duisternis te maak. 



Die Bybel sê: "In Hom was daar lewe, en dié lewe het gedien as die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, ja — die duisternis het dit nie uitgedoof nie!" (Johannes 1:4-5 NLV).



Sondag is op pad. 



-Chelsea  


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Anxious For Nothing

Wat as daar 'n beter manier is om te veg teen die eindelose bekommernisse wat jou snags wakker hou? Ware rus is beskikbaar — dalk nader as wat jy dink. Vervang paniek met vrede deur hierdie 7-dag leesplan van Life.Church...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid