Leesplan inligting

Oor Niks BekommerdVoorbeeld

Anxious For Nothing

DAG 2 VAN 7

Wat as angs jou nader aan Jesus kan bring? Jordan het 'n volle jaar daaraan gewy om sy angs weg te probeer bid, totdat hy iets veel dieper ontdek het — 'n sterker verhouding met Jesus. Miskien kan jy jou met sy verhaal vereenselwig: 



"Ek dink ek is besig om dood te gaan."



Dit is presies wat ek verlede jaar gedurende my talle slapelose nagte gedink het. Ek sou probeer om aan die slaap te raak, net om vir geen spesifieke rede in angs wakker te skrik. Ek het 'n beklemming in my bors gehad. Dit het gevoel of ek verstik en by tye kon ek nie asemhaal nie. Hierdie siklus het homself herhaal, totdat ek uiteindelik op die rusbank aan die slaap geraak het om my vrou nie verder te steur nie. 



Uiteindelik het ek dokter toe gegaan en my simptome verduidelik — die borskaspyne, die gesukkel om aan die slaap te raak en die angsaanvalle. Na 'n paar besoeke en verskeie toetse, het hy my met angs gediagnoseer. Kan ek eerlik wees? Dit het my as Christen soos 'n mislukking laat voel. Het ek dan nie op die regte manier hierteen gebid nie? Ek is nie veronderstel om hiermee te sukkel nie, het ek gedink, ek is veronderstel om vrede en nie bekommernis te hê nie — dit was Jesus se opdrag!



Nadat ek die dokter se voorskrifte gevolg en 'n klein dosis medikasie begin gebruik het, het ek aanhou bid dat die angs moet weggaan. Ek het nie verder daarvoor kans gesien nie.



In 2 Korintiërs 12 (NLV), beskryf Paulus die "doring in sy vlees." Al sal ons nooit verseker weet wat Paulus se "doring" was nie, kan angs sekerlik vir baie mense, ek ingesluit, soos een voel. Paulus sê hy het drie keer by die Here gepleit dat dit hom moet verlaat, maar in plaas daarvan het Jesus vir hom gesê: "My genade is genoeg vir jou, want my krag kom juis in swakheid tot volle verwesenliking" (klem bygevoeg).



Jesus se genade is genoeg, ongeag die omstandighede. Terwyl ek vir genesing begin bid het, het ek nader aan God gekom. Net soos met Paulus, het God nie my doring weggeneem nie. Nietemin het ek met groter passie sy Woord begin lees, en ek het meer gebid as ooit tevore.



Ek het gedink dat ek genesing van my angs nodig gehad het. In werklikheid, het ek meer van Jesus nodig gehad. Ek sê egter nie as ek nader aan Jesus was dat ek nooit angstig sou wees nie. Ek gaan ook nie ophou om teen die angs te bid nie. Ek hou aan om soos Paulus te bid om van hierdie doring bevry te word. 



Iets veel beter is egter besig om met my te gebeur as om oombliklik van angs genees te word: Ek ontwikkel 'n dieper begrip van God en 'n ryker verhouding met Hom. 



In plaas daarvan om net vir vrede te bid, beweeg ek nader aan die Prins van Vrede. Toe ek oor my toekoms bekommerd geraak het, het ek myself daaraan herinner dat Hy die Alfa en die Omega — die Begin en die Einde, die Eerste en die Laaste is.



Ek het gebid dat my angs moet weggaan, maar ek het iets veel beter gekry: die oorweldigende, liefdevolle teenwoordigheid van Jesus in my lewe — selfs te midde van angs.



-Jordan


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Anxious For Nothing

Wat as daar 'n beter manier is om te veg teen die eindelose bekommernisse wat jou snags wakker hou? Ware rus is beskikbaar — dalk nader as wat jy dink. Vervang paniek met vrede deur hierdie 7-dag leesplan van Life.Church...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid