Leesplan inligting

Wortel Voor Jou NeusVoorbeeld

Chasing Carrots

DAG 3 VAN 7

Die Najaag van Goedkeuring



Die saak staan so: goedkeuring is iets waarna jy moet strewe. Bly by ons — ons wil jou nie om die bos lei nie.



Goedkeuring is iets waarna jy moet strewe. Dit wat jou gaan maak of breek hang af van wie se goedkeuring jy soek.



Ons lewens is maar net so ingestel dat ons mense se goedkeuring soek. Kinders word deur volwassenes geprys wanneer hulle goeie dinge doen. Hulle geniet die lof en hou dan aan om goed te doen. Op skool leer ons hard om sodoende erkenning van ons onderwysers te ontvang, of ons maak droog om aanvaarding by ons maats te kry. Sodra ons begin werk, sit ons lang ure in, met die hoop om ons werkgewers te beïndruk, of ons koop groter huise en beter motors om deur ons vriende en familie bewonder te word.



Wat dan as ons daarin slaag om die goedkeuring van ander mense te kry? Dan voel ons goed. Die wêreld lyk beter. Ons loop met 'n huppel in ons stap. Ons selfbeeld kry 'n hupstoot.



Maar.



Jy het geweet daar gaan 'n "maar" wees.



Een van daardie mense sal wel nalaat om vir jou goedkeuring te gee. Wanneer dit gebeur kan dinge handuit ruk. Jy weet dit seker al.



Dit is nie dat jy goedkeuring by die verkeerde mense gesoek het nie. Jy sal nooit die goedkeuring wat jy nodig het by mense kan kry nie. Net God kan jou diepste behoefte aan goedkeuring bevredig. En raai wat? Jy hoef nie op jou kop te staan of op 'n sekere manier op te tree om sy goedkeuring te kry nie. Die oomblik wat jy Christus as jou Verlosser aanneem en Hom die Here van jou lewe maak, kry jy God se goedkeuring. Dis dit. Jy hét dit, omdat jy van daardie oomblik af God se kind is. 



Die kanse is goed dat jy hierdie dinge al vantevore gehoor het. Laat jouself vandag toe om dit te voel. Jy het al die goedkeuring wat jy ooit kan nodig kry — goedkeuring wat nooit sal weifel of misluk nie. Jou waarde is verseker en jy kan rustig op die goedkeuring van God jou Vader vertrou.



Oordink dit: By wie of waarna soek jy tans goedkeuring? Hoe sal jou verhoudings verander as jy God toelaat om daardie behoefte te bevredig?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Chasing Carrots

Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit i...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid