Leesplan inligting

Wortel Voor Jou NeusVoorbeeld

Chasing Carrots

DAG 1 VAN 7

Wortel Voor Jou Neus



Die idee van 'n "wortel voor jou neus," kom van die wortel en stok metafoor, waaroor daar vir die eerste keer in die middel 1800s geskryf is. Stel jou 'n tekenprent van 'n donkie voor, met 'n wortel wat net buite sy bereik swaai. Die ruiter hou die wortel aan 'n lang stok en gebruik dit om die donkie te motiveer om te hardloop. Vir die donkie is die beloning altyd net nog een tree weg.



Voel jy ooit soos hierdie donkie?



Lank voor die 1800s het koning Salomo die vrugtelose najaag van die lewe bekla as niks meer as 'n gejaag na wind nie.



Het jy al ooit die wind probeer vang? Dit is altyd net nog een tree weg.



Die probleem met "net nog een tree" is dat daar altyd net nog een tree is. Net nog 'n paar jaar meer in hierdie werk, of sodra jy gradueer, of sodra jy getroud is, of wanneer die kinders ouer is, of wanneer jou geloof sterker is, of wanneer jy die volgende ding wat geluk beloof kan bekostig. Nog. Net. Een. Tree. 



Daar is 'n beter manier om te leef. Jy kan van die prestasie trapmeul afklim. Daar is soveel meer aan die lewe as groter en beter wees. 



Die waansinnige soeke na meer word deur Jesus aangespreek in Matteus 6. Wanneer jy Jesus se woorde vandag lees, probeer die volgende doen: Asem diep in en maak jou gedagtes leeg van jou bekommernisse. Stel jou voor dat jy daar is waar Hy besig is om mense te onderrig. Waarop sit jy? Hoe ruik die lug? Hoe klink sy stem? Wat hoor jy nog? Wat sien jy? Wat ontvou binne jou terwyl jy na sy stem luister?



Nadat jy vandag se Skrifgedeelte gelees het volgens die metode hier bo genoem, oordink die volgende twee vrae. Was dit nie lekker om rustiger te raak en by Jesus te wees nie? Hoe kan ek meer ruimte vir Jesus in my lewe skep?



Gebed: Nadat jy vandag se Skrifgedeelte gelees het, bid en vra God om jou rustig genoeg te maak sodat jy Hom deur die dag kan hoor. 



Kry 'n video, besprekingsgidse en nog meer oor Wortel Voor Jou Neus.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Chasing Carrots

Ons jaag almal iets na. Gewoonlik is dit iets buite ons bereik — 'n beter werk, 'n geriefliker huis, 'n perfekte gesin of die goedkeuring van ander. Is dit nie baie uitputtend nie? Is daar 'n beter manier? Kom vind uit i...

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek gerus: https://www.liefe.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid