Leesplan inligting

KONING JESUS: 'n Paasoordenking deur Timothy KellerVoorbeeld

JESUS THE KING: An Easter Devotional By Timothy Keller

DAG 9 VAN 9

"Die Dood van die Dood"



Jesus het aan sy dissipels gesê: "Ek sal op die derde dag weer opstaan." Hy het dit in Markus 8, weer in Markus 9, en nog 'n keer in Markus 10 gesê.



Dit is duidelik dat iets interessants aan die gang is met hierdie herhaling. Die derde dag na Jesus se dood is daar geen manlike dissipels in die omtrek nie; 'n paar vroue kom te voorskyn, maar hulle bring duur speserye en geurmiddels waarmee 'n dooie liggaam tradisioneel gesalf is. Niemand verwag 'n opstanding nie. As jy die evangelieskrywer, Markus, was wat probeer om 'n geloofwaardige stukkie fiksie te skryf, sou jy nie ten minste een dissipel gebruik om die ander te herinner dat dit die derde dag was nie? Hy sou dalk sê: "Miskien moet ons na Jesus se graf gaan kyk. Dit kan tog nie skade doen nie." Dit sou tog redelik wees. Niemand het egter enigsins soiets gesê nie. Hulle het dus nie 'n opstanding verwag nie. Dit het nie by hulle opgekom nie. Die engel by die ingang van die graf moes die vroue herinner: "Julle sal Hom sien, net soos Hy vir julle gesê het." As Markus hierdie verhaal versin het, sou hy dit nie só geskryf het nie.



Dit bring ons by die kern: Die opstanding was net so onmoontlik en ongelooflik vir die eerste dissipels, as wat dit vandag vir baie mense is. Dis te verstane dat hulle redes van ons s'n sal verskil. Die Grieke het nie in die opstanding geglo nie; in die Griekse wêreldbeskouing was die lewe na die dood 'n skeiding tussen die siel en die liggaam. Die opstanding sou nooit deel wees van 'n lewe na die dood nie. Sommige van die Jode het in 'n toekomstige, algemene opstanding geglo, waar die hele wêreld vernuwe sou word, maar hulle het nie 'n benul gehad dat 'n individu uit die dood kan opstaan nie. Die mense in Jesus se tyd was nie daarop voorberei om te glo aan 'n opstanding nie, net so min soos ons vandag is.



Is dit vir jou moeilik om te glo dat Jesus uit die dood opgestaan het? Hoe gee Jesus se opstanding vir jou hoop?



Uittreksel uit "JESUS THE KING" deur Timothy Keller

Herdruk in samewerking met Riverhead Books, 'n lid van die Penguin Groep (VSA) LLC, 'n Penguin Random House Maatskappy. Kopiereg © 2011 deur Timothy Keller



En van "JESUS THE KING STUDY GUIDE" deur Timothy Keller en Spence Shelton, Kopiereg (c) 2015 deur Zondervan, 'n afdeling van HarperCollins Christelike Uitgewers.

Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

JESUS THE KING: An Easter Devotional By Timothy Keller

New York Times se blitsverkoper outeur en bekende pastoor, Timothy Keller, deel met ons 'n reeks episodes uit die lewe van Jesus, soos vertel in die Bybelboek Markus. Deur die verhale wat Paasfees voorafgegaan het, van n...

More

Boekuittreksels van Riverhead Books, 'n lid van Penguin Random House, Studiegids deur HarperCollins Christian Publishers. Besoek http://www.penguin.com/book/jesus-the-king-by-timothy-keller/9781594486661 of http://www.zondervan.com/jesus-the-king-study-guide vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid