Leesplan inligting

KONING JESUS: 'n Paasoordenking deur Timothy KellerVoorbeeld

JESUS THE KING: An Easter Devotional By Timothy Keller

DAG 8 VAN 9

"Die Gekruisigde Koning"



Toe die hoëpriester Hom vra: "Is jy die beloofde Redder, die Seun van die allerhoogste God?” het Jesus geantwoord: "Ek is." Met hierdie antwoord sê Jesus: "Ek sal in die glorie van God na die aarde toe kom om dit te oordeel." Dit is 'n verstommende stelling. Dit is 'n aanspraak op Goddelikheid.



Daar is so baie aanhalings, temas, beelde, metafore en gedeeltes uit die Hebreeuse geskrifte wat Jesus kon gebruik het om te sê wie Hy is, maar Hy kies om te sê dat Hy die Regter is. Met hierdie keuse van woorde dwing Jesus ons opsetlik om die teenstrydigheid raak te sien. Daar was 'n enorme ommekeer. Hy is Regter oor die hele wêreld en word self deur die wêreld geoordeel. Hy moet eintlik in die regterstoel sit, en ons moet in kettings in die beskuldigde bank sit. Alles is agterstevoor.



Die oomblik toe Jesus daarop aanspraak maak dat Hy die Regter is en sy Godheid opeis, is die reaksie oorweldigend. Markus skryf:



"'Ek is,' het Jesus geantwoord. 'en julle sal die Seun van die mens sien waar Hy sit aan die regterhand van Hom wat magtig is, en wanneer Hy kom op die wolke van die hemel' Toe skeur die hoëpriester uit verontwaardiging sy klere en sê: 'Waarvoor het ons nog getuies nodig? Julle het die godslastering gehoor. Hoe lyk dit vir julle?' Hulle het Hom eenparig veroordeel: 'Hy verdien die dood!' Party van hulle het begin om op Hom te spoeg. Hulle het sy oë toegebind, Hom met die vuis geslaan en vir Hom gesê: 'Profeteer 'n bietjie!' Ook die wagte het Hom geklap toe hulle Hom wegvat" (Markus 14:62–65).



Die hoëpriester het sy klere geskeur. Dit was 'n teken van die grootste moontlike verontwaardiging, afgryse en hartseer. Daarna het die hele verhoor in duie gestort. Dit was in der waarheid nie meer 'n verhoor nie, maar 'n oproer. Die jurie en regters het op Hom begin spoeg en Hom geslaan. Midde in die verhoor het hulle heeltemal rasend geraak. Hy is onmiddellik aan laster skuldig bevind en veroordeel asof Hy die dood verdien het.



Ons kan nie fisiek in Jesus se gesig spoeg nie, maar ons kan Hom bespot en verwerp. Op watter maniere is ons geneig om Jesus as God te verwerp?



Uittreksel uit "JESUS THE KING" deur Timothy Keller

Herdruk in samewerking met Riverhead Books, 'n lid van die Penguin Groep (VSA) LLC, 'n Penguin Random House Maatskappy. Kopiereg © 2011 deur Timothy Keller



En van "JESUS THE KING STUDY GUIDE" deur Timothy Keller en Spence Shelton, Kopiereg (c) 2015 deur Zondervan, 'n afdeling van HarperCollins Christelike Uitgewers.

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

JESUS THE KING: An Easter Devotional By Timothy Keller

New York Times se blitsverkoper outeur en bekende pastoor, Timothy Keller, deel met ons 'n reeks episodes uit die lewe van Jesus, soos vertel in die Bybelboek Markus. Deur die verhale wat Paasfees voorafgegaan het, van n...

More

Boekuittreksels van Riverhead Books, 'n lid van Penguin Random House, Studiegids deur HarperCollins Christian Publishers. Besoek http://www.penguin.com/book/jesus-the-king-by-timothy-keller/9781594486661 of http://www.zondervan.com/jesus-the-king-study-guide vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid