KONING JESUS: 'n Paasoordenking deur Timothy Keller

Dag 1 van 9 • Vandag se leesstuk

Bybeldagboek
"Deur die Koning geroep"

Die Evangelie is nie advies nie, dit is die Goeie Nuus dat jy nie hoef te betaal om by God uit te kom nie; Jesus het dit alreeds vir jou gedoen. EN, dit is 'n geskenk wat jy deur genade ontvang het—deur God se onverdiende guns. As jy daardie geskenk aanvaar en dit altyd behou, sal jy nie deur fanatisme of matigheid van Jesus af weggelok word nie. Jy sal passievol daaroor wees om Jesus jou uiteindelike doel en prioriteit te maak, om jou lewe om Hom te laat wentel; nogtans sal jy nie aanneem dat iemand met 'n ander geloof en stel prioriteite as jy, minderwaardig is nie. Jy sal hulle eerder wil dien as onderdruk.

Hoekom? Omdat die Evangelie nie daaroor gaan om advies te volg nie, maar omdat jy geroep is om 'n Koning te volg. Nie sommer net iemand met die mag en gesag om vir jou te sê wat gedoen moet word nie—maar iemand met die mag en gesag om te doen wat gedoen moet word, en dit dan aan jou bied as goeie nuus.

Waar sien jy daardie tipe gesag? Tydens Jesus se doop was daar alreeds bonatuurlike tekens wat 'n aanduiding was van Sy Goddelike gesag. Ons sien dat Simon, Andreas, Jakobus en Johannes, Jesus sonder skroom gevolg het—Sy roeping opsigself het gesag. Markus bou verder op hierdie tema:

"Van daar af is hulle Kapernaum toe. Op die sabbat het Jesus sinagoge toe gegaan en met mense oor godsdienstige dinge begin praat om hulle te help om dit beter te verstaan. Die mense se monde het oopgehang, want sy woorde was so anders. Hulle kon na Jesus luister, want hulle kon sien dat Hy weet waarvan Hy praat. Hulle eie geleerdes wat vir hulle moes verduidelik wat in die wet staan, het nie naastenby soveel gesag en respek afgedwing nie."
(Markus 1:21–22)

Markus gebruik die term gesag vir die eerste keer. Die woord beteken letterlik "vanaf die oorsprong". Dit kom van dieselfde stamwoord as die woord outeur. Markus bedoel dat Jesus mense met Sy eie gesag geleer het eerder as met iemand anders se gesag.

Hoe sal jou lewe lyk en voel as jy jou totaal en al oorgee aan hierdie perfekte Koning? Jou professionele lewe? Liefdeslewe? Gesinslewe? Finansiële lewe? Sosiale lewe?

Uittreksels uit KONING JESUS deur Timothy Keller.

Herdruk in samewerking met Riverhead Books, 'n lid van die Penguin Groep (VSA) LLC, 'n Penguin Random House Maatskappy. Kopiereg © 2011 deur Timothy Keller

En van KONING JESUS STUDIEGIDS deur Timothy Keller en Spence Shelton, Kopiereg (c) 2015 deur Zondervan, 'n afdeling van HarperCollins Christelike Uitgewers.