Leesplan inligting

KONING JESUS: 'n Paasoordenking deur Timothy KellerVoorbeeld

JESUS THE KING: An Easter Devotional By Timothy Keller

DAG 5 VAN 9

"Jesus Moet Sterf"



Met die woord "moet," dui Jesus aan dat Hy van plan is om te sterf — en dat Hy dit uit vrye wil doen. Hy voorspel nie net dat dit gaan gebeur nie. Dit is dalk wat vir Petrus die meeste ontstel het. Dit is een ding vir Jesus om te sê: "Ek sal baklei en verloor," maar 'n ander ding om te sê: "Dit is hoekom Ek hier is; Ek beplan om te sterf!" Petrus kon dit glad nie verstaan nie.



Dit is hoekom Petrus dadelik vir Jesus "berispe" toe Hy dit sê. Dit is dieselfde werkwoord wat elders gebruik word vir wat Jesus met demone doen. Dit beteken dat Petrus vir Jesus in die sterkste moontlike taal veroordeel. Hoekom is Petrus so ontsteld, en dit net nadat hy verklaar het dat Jesus die Messias is? Van kleinsaf het Petrus geleer dat die Messias sou kom om die bose en ongeregtigheid te oorwin deur die troon te bestyg. Maar hier sê Jesus: "Ja, Ek is die Messias, die Koning, maar Ek het nie gekom om te lewe nie, maar om te sterwe. Ek is nie hier om mag te verkry nie, maar om dit te verloor; Ek is nie hier om te regeer nie, maar om te dien. En dit is hoe ek die bose sal oorwin en alles regmaak."



Jesus het nie net gesê dat die Seun van die mens sou ly nie, maar Hy het ook gesê dat die Seun van die mens móét ly. Hierdie woord is so belangrik dat dit twee keer genoem word: "die Seun van die mens moet baie ly en ... moet doodgemaak word." Die woord "moet" verander en oorheers die hele sin, en dit beteken dat alles op hierdie lys nodig is. Jesus moet ly, Hy moet verwerp word, Hy moet doodgemaak word, Hy moet uit die dood opstaan. Dit is een van die mees betekenisvolle woorde in die verhaal van die wêreld, én dit is 'n vreesaanjaende woord. Jesus het nie net gesê: "Ek het gekom om te sterf nie", maar ook "Ek moet sterf. Dit is noodsaaklik dat Ek sterf. Die wêreld kan nie verander, en julle kan ook nie lewe, as Ek nie sterf nie." Hoekom sou dit noodsaaklik wees vir Jesus om te sterf?



Petrus het dit moeilik gevind om te verstaan dat Jesus moes sterf. Hoekom was dit so moeilik vir hom — en is dit vir ons — om te aanvaar?



Uittreksel uit "JESUS THE KING" deur Timothy Keller

Herdruk in samewerking met Riverhead Books, 'n lid van die Penguin Groep (VSA) LLC, 'n Penguin Random House Maatskappy. Kopiereg © 2011 deur Timothy Keller



En van "JESUS THE KING STUDY GUIDE" deur Timothy Keller en Spence Shelton, Kopiereg (c) 2015 deur Zondervan, 'n afdeling van HarperCollins Christelike Uitgewers.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

JESUS THE KING: An Easter Devotional By Timothy Keller

New York Times se blitsverkoper outeur en bekende pastoor, Timothy Keller, deel met ons 'n reeks episodes uit die lewe van Jesus, soos vertel in die Bybelboek Markus. Deur die verhale wat Paasfees voorafgegaan het, van n...

More

Boekuittreksels van Riverhead Books, 'n lid van Penguin Random House, Studiegids deur HarperCollins Christian Publishers. Besoek http://www.penguin.com/book/jesus-the-king-by-timothy-keller/9781594486661 of http://www.zondervan.com/jesus-the-king-study-guide vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid