Leesplan inligting

KONING JESUS: 'n Paasoordenking deur Timothy KellerVoorbeeld

JESUS THE KING: An Easter Devotional By Timothy Keller

DAG 2 VAN 9

"Dieper Genesing"



Jesus weet dat die man 'n groter probleem het as net sy fisieke toestand. Die man weet dit egter nie. Jesus sê vir hom: "Ek verstaan jou probleem. Ek het jou lyding gesien. Ek kom nog daarby, maar jy moet weet dat die eintlike probleem in 'n persoon se lewe nie sy lyding is nie, maar sy sonde."



As jy dink dat Jesus se antwoord beledigend is, neem die volgende in ag: As iemand vir jou sê dat jou eintlike probleem nie dit is wat met jou aan die gang is, of wat mense aan jou gedoen het nie, maar dat dit is hoe jy daarop reageer, is dit ironies genoeg iets wat jou kan bemagtig. Hoekom? Dis omdat jy nie veel kan verander aan wat met jou gebeur het nie of wat ander aan jou doen nie, maar jy kan iets aan jouself verander. Wanneer die Bybel oor sonde praat, verwys dit nie net na die slegte dinge wat ons doen nie. Dit gaan nie net oor leuens of wellus of enigiets anders nie — dit gaan daaroor dat jy God ignoreer; jy rebelleer teen Hom deur sonder Hom te lewe. Jy sê in der waarheid: "Ek sal self besluit hoe ek my lewe gaan lei." Jesus sê dat dit juis ons grootste probleem is.



Jesus konfronteer die verlamde man met sy eintlike probleem deur hom dieper te laat dink. Jesus sê eintlik: "As jy na My toe kom en vra dat Ek jou liggaam genees, vra jy nie die regte vraag nie. Jy onderskat jou diepste nood; die behoefte van jou hart." Elkeen wat fisiek verlam is, se grootste wens is om weer te kan loop. Die man het seer sekerlik al sy hoop gevestig op die vooruitsig dat hy weer sou kon loop. Hy het seker in sy hart gesê: "As ek net weer kan loop, sal alles vir my in plek val. Ek sal nie weer ongelukkig wees en kla nie. As ek weer kan loop sal alles reg wees." Jesus sê egter: "Jy het die kat aan die stert beet, meneer." Dit klink dalk 'n bietjie onsensitief, maar dit is die waarheid. Jesus sê: "As ek net jou liggaam gesond maak, mag jy dalk voel dat jy nooit weer ongelukkig sal wees nie. Maar na twee of vier maande sal die opwinding verby wees. Die oorsaak van jou onvergenoegdheid is egter steeds nog diep gewortel."



Hoekom was vergifnis die verlamde man se diepste nood? Hoekom is dit ons diepste nood? Watter ander behoeftes van ons is nog dieper as vergifnis?



Uittreksel uit "JESUS THE KING" deur Timothy Keller

Herdruk in samewerking met Riverhead Books, 'n lid van die Penguin Groep (VSA) LLC, 'n Penguin Random House Maatskappy. Kopiereg © 2011 deur Timothy Keller



En van "JESUS THE KING STUDY GUIDE" deur Timothy Keller en Spence Shelton, Kopiereg (c) 2015 deur Zondervan, 'n afdeling van HarperCollins Christelike Uitgewers.



Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

JESUS THE KING: An Easter Devotional By Timothy Keller

New York Times se blitsverkoper outeur en bekende pastoor, Timothy Keller, deel met ons 'n reeks episodes uit die lewe van Jesus, soos vertel in die Bybelboek Markus. Deur die verhale wat Paasfees voorafgegaan het, van n...

More

Boekuittreksels van Riverhead Books, 'n lid van Penguin Random House, Studiegids deur HarperCollins Christian Publishers. Besoek http://www.penguin.com/book/jesus-the-king-by-timothy-keller/9781594486661 of http://www.zondervan.com/jesus-the-king-study-guide vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid