Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens die VastydVoorbeeld

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

DAG 39 VAN 40

Dag 39: Die Kruis

Lees weer vandag se Skrifgedeelte stadig en biddend. Sien elke toneel in jou verbeelding. Wat sien, hoor, voel en ruik jy in elke toneel? Wat behoort dit alles vir jou te beteken? Laat die Heilige Gees toe om vandag met jou te praat deur middel van die verhaal van Christus se dood.

Gebed

Here Jesus, dit was ons sonde wat U na die kruis toe gestuur het. Daar het ons ons Koning aanskou. Daar het U die verlossingswerk volbring. Daar het ons U aanskou, die Een wat vir ons deurboor is. Daar het verlossing plaasgevind. Dankie vir u verstommende liefde. In die Naam van Jesus. Amen.

Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Aangaande hierdie leesplan

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

Wat is die Vastydperk? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.

More

Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik in 2012 op die webblad www.redeemer.com geplaas. Dit word met toestemming gebruik.