Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens die VastydVoorbeeld

Dag 35: Die Salwing
“Wat 'n vermorsing!” Dit is die klagte van die dissipels aangaande die vrou wat haar duur parfuum gebruik het om Jesus se voete mee te salf. Jesus het nie hierdie reaksie verdra nie. Hy vind die siening van die situasie — as 'n vermorsing van geld vir geen doel — totaal ontoereikend. Alhoewel die opbrengs van die verkope van die parfuum gebruik kon word om baie goeie dinge mee te doen, vind Jesus geen fout met die vrou se optrede nie. Hoekom nie? Want dit is 'n daad van aanbidding. Hy weet dat ware lewe begin met dít wat jy aanbid.
Indien jy die verkeerde dinge aanbid, sal niks anders reg uitwerk nie. As jy die lewende God aanbid, wat Homself aan ons gegee het deur Jesus se offer, sal jy 'n nuwe begrip kry van die dinge wat saak maak en jou lewe daarvolgens inrig. Ewe skielik sal jy jou lewe op Jesus wil “vermors” deur dit aan sy planne te onderwerp in plaas daarvan om jou eie koers in te slaan. Dit beteken ook dat jy sal omgee vir die regverdige behandeling van die armes.
In teenstelling met wat mense dink, verminder Jesus nie ons verantwoordelikheid teenoor die armes in hierdie gedeelte nie. Hy haal in der waarheid Deuteronomium 15 aan, wat ons aanmoedig om baie vrygewig teenoor die armes te wees. Sulke vrygewigheid is net 'n uitvloeisel van ons aanbidding van God. Fokus op die belangrike dinge! Stel God eerste in alles. Hy is die enigste een wat werd is om aanbid te word. Jy sal vind dat jy dan sal toelaat dat Hy jou op allerhande wonderlike maniere gebruik om ander te dien.
Gebed
Here, so dikwels aanbid ek die verkeerde goed. Help my om toe te laat dat my lewe op U “vermors” word, want eers dan sal dit iets moois word wat U op aarde kan gebruik. In die Naam van Jesus. Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Wat is die Vastydperk? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik in 2012 op die webblad www.redeemer.com geplaas. Dit word met toestemming gebruik.