Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens die VastydVoorbeeld

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

DAG 34 VAN 40

Dag 34: Die Voorspelling

Johannes wy baie van sy evangelie aan die laaste ses dae van Jesus se lewe op aarde. In Johannes 12 voorspel Jesus “op watter manier Hy sou sterf” — een wat die Satan se doodsgreep op die wêreld sou losmaak, Jesus die oorwinning oor die kruisdood en graf sou gee, en mense van reg oor die wêreld nader aan Hom sou trek (vers 32). Hier herhaal Hy ook die vereistes wat almal moet nakom om sy dissipels genoem te word.

Van vroeg in sy bediening in die boek Johannes verwys Jesus na sy “uur” — die aangewese tyd wanneer Hy vir die sonde van die wêreld sou ly en sterf. Deur sy vernedering straal Jesus egter ook die “heerlikheid” van God aan die mensdom uit. God “vereer sy naam” nie net deur Christus se bediening op aarde nie, maar ook deur sy dood. Johannes voorspel hierdie realiteit vroeg al, as hy tot dié gevolgtrekking kom: “ons het sy heerlikheid gesien, …vol genade en waarheid” (Johannes 1:14).

Ewe treffend is die menslikheid van Jesus wat ons hier sien as Hy erken: “nou is ek diep ontsteld” (vers 12:27) wanneer Hy begin om die foltering aan te voel. Dit is 'n verstommende beeld van 'n persoon wat deur God verlaat is, op die drumpel van onuitspreeklike pyn. Jesus het geweet dat dit slegs God se eer is wat saak maak. Dit is ook 'n les vir sy dissipels.

Saad moet eers sterf voordat dit kan groei en vrug dra; dit dra die belofte van lewe. Oppervlakkig beskou, lyk Christus se dood vir die wêreld na 'n ramp, maar deur "in die grond te val" (vers 24), bring Hy 'n groot oes van volgelinge “ten einde baie kinders tot heerlikheid te lei” (Hebreërs 2:10 AFR20). Nogtans kos dit iets om Christus te volg: baie van Jesus se oorspronklike dissipels sou wreed sterf. Tertullian verwys na “die bloed van die martelare" as "die saad van die kerk.” Christus se dissipels moet altyd “sterf” in hulself om die “lewende hoop” in Christus te vind (1 Petrus 1:3-5). Hier klink Dietrich Bonhoeffer se waarneming aangaande dissipelskap geloofwaardig: “wanneer Christus iemand roep, vra Hy hom om te sterf.”

Gebed

Here, U wat opgestaan het uit die dood, het ons so lief gehad dat U vir ons gesterf het om ons van sonde te red. Ons bid dat hierdie wete ons nederig sal maak, ons sal help om U altyd te prys en ons die vrymoedigheid sal gee om voluit te lewe soos U wil. Laat dit gebeur deur u genade. Ons bid dit in u Naam. Amen.

Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Aangaande hierdie leesplan

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

Wat is die Vastydperk? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.

More

Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik in 2012 op die webblad www.redeemer.com geplaas. Dit word met toestemming gebruik.