Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens die VastydVoorbeeld

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

DAG 18 VAN 40

Dag 18: Die Uitverkore Dienaar

In vorige hoofstukke het God reeds begin om 'n saak deur die profeet Jesaja voor te berei; hy sê dat alhoewel ons valse gode aanhang, mislei en verslaaf hulle ons en op die ou einde faal hulle ons. In hierdie Skrifgedeelte word God se uitverkore "dienaar" gevra om reg te laat geskied en hulle te bevry wat in "die gevangenis sit" (Jesaja42:7). Dit was die les vir Israel en is nog steeds die les vir ons vandag.

Om afgode te aanbid en te dien is nutteloos, want hulle verdien dit nie. Die kern van die Christelike boodskap is egter dat Jesus Christus, die "Uitverkorene", ons eerste gedien het en waarlik ons aanbidding verdien.

Hoe kan ons begin om die afgode in ons lewens te vervang met ware aanbidding van God en so sy guns ervaar? In verse 1 tot 4 word ons geleer om die een te "aanskou" in wie God 'n “welbehae” het. Om te aanskou beteken om te sien en te oorweeg. Jesaja vra vir Israel om die Here te sien en te oorweeg, deur sy dienaar, wat aangestel is deur God en deur die Gees ondersteun word. As ons die dienaar aanskou kan ons onderskei tussen eg en vals, 'n “metaal beeld” vol van “leë wind” (Jesaja 41) en 'n Geesvervulde dienaar wat mens geword het (Johannes 1). Hierdie dienaar wat ons al van lankal af ken, weet dat ons gewond is en altyd op die rand van opgee is. Hy sal sy taak voltooi met die opregtheid van 'n vriend (v. 3). Die Seun het vreugde daarin gevind om die Vader te dien, selfs tot die dood toe, spesiaal vir jou. “Verheug” jou dus in Jesus en wees vry.

Gebed

Vader, Seun en Heilige Gees, ons prys U dat die volheid van die Godheid opsigtelik in hierdie Skrifgedeelte aan die werk is, om 'n einde te maak aan afgodery en die lyding wat dit veroorsaak. Ons dank U vir u woord en dat ons dit kan oordink en besef dat U 'n verbond gesluit het met u mense. Ons is bly dat U 'n dienaar-koning, Jesus Christus, gestuur het, wat waarlik die "gevangenes vrygemaak het" (Lukas 4:18). In die Naam van Jesus. Amen.

Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Aangaande hierdie leesplan

Preparing Our Hearts for Easter: A Lenten Devotional

Wat is die Vastydperk? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.

More

Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik in 2012 op die webblad www.redeemer.com geplaas. Dit word met toestemming gebruik.