Ons Berei Ons Harte Voor Vir Paasfees: 'n Oordenking Tydens die VastydVoorbeeld

Dag 17: Die Naam
Tydens die inhuldiging van 'n koning van Israel, sou die Israeliete 'n gebed soos Psalm 72 bid. Hierdie gebed is beide 'n erkenning van die koning en ook 'n stel verwagtinge en kriteria vir hulle leier. Deur die koning het seëninge van God na die mense gekom en daar is van hom verwag om die Goddelike standaarde van reg en geregtigheid te handhaaf. Hulle het van die koning verwag om medelye te toon en bevryding aan die swakkes te bied. Dit was nie uit naïwiteit of wensdenkery nie, maar gevestig op hoop in die karakter van die Een wat die koning aangewys het. Die God van Israel is van nature 'n redder en helper vir die hulpeloses, dus moet die koning ook so wees. As gevolg van dié hoop, het die mense gebid dat die koning se naam sou voortbestaan en dat hy sy verpligtinge teenoor die swakkes sou nakom. Gebede vir hom het dus gehelp om almal se veiligheid en geluk te verseker.
Van toe af tot nou kon geen koning of leier egter daarin slaag om aan hierdie Goddelike standaarde te voldoen nie. Deesdae het baie mense hul geloof en vertroue in hulle leiers verloor. Ander bring weer hulle lewe en geld deur, om een of ander naam te bevorder wat hulle dink hulle kan red. As volgelinge van Christus kan ons weet dat God ons die Een gegee het in wie se Naam die behoeftiges, armes en hulpeloses waarlik redding kan vind. Ons kan weet dat ons in Christus 'n Koning het wat nie net besorg is oor ons behoeftes en lyding nie, maar wat ook in soveel deernis met ons kan identifiseer. Ons kan ook weet dat gebede vir die voortbestaan van sy Naam en heerskappy, vrede en seëninge vir ons almal, in Christus, sal inhou. Weet jy dat die Koning waarlik vir jou en al jou behoeftes omgee? Het jy al sy Naam aangeroep?
Gebed
Almagtige Vader, ons prys U dat u Seun die Koning is wat ons almal wil hê en nodig het; dat sy meegevoel geen gelyke het nie. Help ons om U as ons regverdige Koning te vertrou en te gehoorsaam en mag u Naam vir ewig geprys word. In die Naam van Jesus. Amen.
Kopiereg (c) 2012 deur Redeemer Presbyterian Church.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Wat is die Vastydperk? Dit is die tyd wanneer ons in afwagting is vir die oorwinning wat die lig en lewe van Christus oor die duisternis van sonde en dood gebring het. Soos ons die gebeure volg van Aswoensdag tot Paasfees, word ons herinner aan die werklikheid van ons swakheid en God se verlossende genade.
More
Hierdie oordenking is geskep deur die personeel van die Redeemer Presbyterian Church en is oorspronklik in 2012 op die webblad www.redeemer.com geplaas. Dit word met toestemming gebruik.