Leesplan inligting

Nege Algemene Leuens Wat Christene GloVoorbeeld

9 Common Lies Christians Believe

DAG 5 VAN 5

“Glo in jouself!” Hoeveel kere het jy al hierdie woorde gehoor, in 'n poging van iemand om jou op te beur of te bemoedig? Dit is 'n standaard uitdrukking in ons kultuur wat ons gebruik om die selfbeeld van 'n jonger geslag 'n hupstoot te gee. 



Hierdie soort raad vind by ons menslike natuur aanklank omdat ons daarvan hou om in beheer te wees. Ons sal eerder op onsself vertrou, want dit laat ons voel ons is in beheer. As ons egter eerlik met onsself is en diep delf in ons eie wese, dan weet ons dit is 'n leuen. Die waarheid is dat hoe ouer jy raak, hoe meer besef jy dat jyself jou grootste vyand is. Niemand het jou ooit meer mislei as wat jy jouself mislei het nie. Niemand het ooit meer vir jou gelieg as jyself nie. Niemand het jou meer seergemaak, jou fokus verskuif of was vir jou 'n groter struikelblok as jyself nie. Trouens, hoe meer jy in jouself geglo het, hoe dieper was die gat waarin jy elke keer geval het. Het jy ooit agtergekom dat hoe harder jy probeer, hoe minder kry jy dit reg en is die resultaat 'n groter mislukking? 



As jy gaan probeer om in jou lewe net in jouself te glo, gaan jy vasgevang word in moedeloosheid, vrees, angs en bekommernis. Die druk om in alle situasies in beheer te wees, is 'n baie goeie resep vir mislukking. Jy is nie geskep om in jouself te glo nie omdat jy nie geskep is om in beheer te wees nie. Jy is geskep om in Iemand anders te glo. Jy is geskep om Iemand anders te vertrou om in beheer te wees.



'n Wonderlike ding van geloof in God en om Hom met jou lewe te vertrou, is dat Hy nie sukkel met dieselfde dinge waarmee ek en jy sukkel nie. Hy raak nooit gespanne, angstig of bekommerd nie. Ons sal misluk. Hy misluk nooit nie. Ons sal foute maak. Hy is foutloos. Ons sal dit waarmee ons besig is verbrou. Hy sal dit regkry. Hy kan vertrou word.



Vrae vir Nadenke: 



Wat dink jy bedoel die meeste mense as hulle die uitdrukking “Glo in jouself” gebruik? 



Hoekom dink jy is dit so moeilik om God met jou hele lewe te vertrou? Wat is daardie een ding — net een — wat jy in hierdie week aan God kan oorgee?



Waarheid: 



Jy hoef nie met die druk te lewe om in jouself te glo, wanneer jy God ten volle vertrou om in beheer te wees nie.



Indien jy hierdie leesplan van Shane Pruitt geniet het, kyk gerus na sy boek, here


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

9 Common Lies Christians Believe

Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel beter. Hierdie leesplan sal jou help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/567221/9-common-lies-christians-believe-by-shane-pruitt/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid