Leesplan inligting

Nege Algemene Leuens Wat Christene GloVoorbeeld

9 Common Lies Christians Believe

DAG 4 VAN 5

God gee nie vir om my nie. Hy het van my vergeet. Ongelukkig het ek al vele male gehoor dat mense wat seer het een of beide van hierdie uitdrukkings gebruik terwyl die trane teen hulle wange afloop. Het jy al ooit so gevoel? 



Daar is ten minste twee waarhede oor God wat hierdie stellings verkeerd bewys. God is alomteenwoordig en alwetend. 



Wat beteken alomteenwoordig? Dit beteken God is oral. Hy het niks of niemand nodig om Hom iewers heen te neem nie. Hy hoef nooit in te pak vir 'n reis of 'n vliegkaartjie te koop nie. Hy is altyd oral. In jou huis. By jou werk. Daar is nooit 'n rede om vir Hom weg te hardloop nie. Of vir Hom weg te kruip of om van Hom te probeer ontsnap nie. Waarheen jy ook al hardloop, Hy is daar en Hy wag vir jou. Jou gunsteling wegkruipplek. Hy het dit eerste gekry. As jy probeer om van Hom te ontsnap, is Hy waar jy was en Hy is waarheen jy gaan. Hy hardloop saam met jou. Hy kan jou nie vergeet nie, want Hy is reg langs jou. 



Wat beteken alwetend? Dit beteken God weet alles. Daar is niks wat enige iemand Hom kan leer nie. Hy het nooit nodig om iets te leer nie. Daar is nooit 'n oomblik wanneer Hy moet raai nie of oor iets ingelig moet word nie. Hy hoef nooit herinner te word nie. Verstaan jy dit? Hy het nie nodig om herinner te word nie, want hy vergeet nooit nie. Nog een keer: Hy vergeet nooit nie. Hy onthou alles. Hy weet waar jy was, waar jy is en waarheen jy gaan. Jou gevoelens en emosies kan jou laat dink Hy het van jou vergeet of dat Hy nie vir jou omgee nie. Wees egter baie bewus van hierdie eienskappe van God en moet nooit vergeet dat Hy nooit vergeet nie.



Hou styf vas aan hierdie waarhede. God het nie van jou vergeet nie. Hy onthou jou. Hy is by jou. Omdat jy 'n Christen is, is Hy binne-in jou. Waar jy ook al is, Hy is ook daar. En jy kan vrede hê in die wete dat Hy jou nie gaan verlaat nie. 



Vrae vir Nadenke: 



Het dit al ooit vir jou gevoel God het van jou vergeet of dat Hy nie regtig vir jou omgee nie? Wat was op daardie tydstip in jou lewe aan die gang? 



Lees Galasiërs 4:4–7. Watter woorde of frases in hierdie verse trek jou aandag? Hoe voel jy daaroor om te weet, God het gekies om jou aan te neem as sy kind? 



Waarheid: 



God het jou nie vergeet nie. Hy onthou van jou. Hy is by jou. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

9 Common Lies Christians Believe

Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel beter. Hierdie leesplan sal jou help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/567221/9-common-lies-christians-believe-by-shane-pruitt/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid