Leesplan inligting

Nege Algemene Leuens Wat Christene GloVoorbeeld

9 Common Lies Christians Believe

DAG 3 VAN 5

“Volg jou hart.” Hoeveel keer het ons al hierdie woorde gehoor wat as goeie raad bedoel is?



Wanneer ons hulp, wysheid en leiding nodig het, praat ons met ons geliefdes, mense wat ons respekteer of selfs 'n professionele berader. Baie van hierdie gesprekke eindig op dieselfde noot: "Jy moet uiteindelik net jou hart volg.” Asof jou hart hierdie onfeilbare gids binne jou is wat jou nooit op 'n dwaalspoor sal lei nie. Hierdie raad klink asof jou hart oor 'n GPS-stelsel beskik wat jou altyd in die regte rigting sal lei, jou nooit sal laat verdwaal nie, wat hard binne jou borskas sal klop as jy op die punt staan om 'n verkeerde besluit te neem en sal bokspring van vreugde wanneer jy 'n goeie besluit neem. Dit klink wonderlik, nè? As dit maar net waar was. 



In die Bybel verteenwoordig die woord hart die middelpunt van ons gevoelens, begeertes en emosies. Dit sê ook die volgende oor die hart: “Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan?” (Jeremia 17:9). 



Dit is hoekom ek nie my eie gevoelens, begeertes en emosies kan volg nie. Indien ek dit sou doen, gaan ek verlore raak met al die besluite wat ek op my eie neem. As ons eerlik is met onsself, is dit presies wat die geval is met baie Christene — heeltemal deurmekaar, rigtingloos, onstabiel en hulle kan nie effektief funksioneer in hulle eie daaglikse bestaan nie. 



Om jou te help met die regte besluite wanneer jy voor belangrike vrae te staan kom (Watter loopbaan moet ek volg? Na watter universiteit moet ek gaan? Met wie moet ek in 'n ernstige verhouding betrokke raak?), het God vir jou die beste raadgewer van alle tye gegee, Hy self! Jesus het vir jou sy Gees gegee. Die Gees (ons helper), wat nou in ons woon, praat met jou deur sy Woord, die Bybel. Hy lei jou. Jou gevoellens en emosies gaan nie jou gids wees nie; Jesus sal dit wees. Hy is jou onfeilbare GPS.



Vrae vir Nadenke: 



Ons wêreld sê: “Doen wat vir jou voel die regte ding is om te doen.” Dink jy dit het aan ons samelewing skade berokken? Hoekom of hoekom nie? 



Hier is 'n gulde geleentheid om aan jou eie verhaal te dink. Skryf jou verhaal oor wanneer jy 'n Christen geword het (toe Jesus jou 'n nuwe hart gegee het).



Waarheid: 



Moenie jou hart volg nie. Volg vir Jesus.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

9 Common Lies Christians Believe

Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel beter. Hierdie leesplan sal jou help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/567221/9-common-lies-christians-believe-by-shane-pruitt/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid