Leesplan inligting

Nege Algemene Leuens Wat Christene GloVoorbeeld

9 Common Lies Christians Believe

DAG 1 VAN 5

God sal jou nie bokant jou vermoëns beproef nie. Is hierdie gesegde Bybels gegrond? Telkens wanneer ons hierdie uitdrukking gebruik of glo, sê ons eintlik dat ons nie meer wil hê as wat ons dink ons kan hanteer nie. As ons met onsself eerlik is, maak ons planne wat ons pas en ons in ons eie gemaksone hou, en ons wil hê God moet dit vir ons seën en binne die perke van daardie planne bly. Dit is egter nie eintlik hoe God werk nie. Hy sal ons meestal bokant ons vermoëns beproef sodat ons Hom om hulp en leiding sal opsoek. 



Een van die grootste beloftes wat God aan ons in sy Woord maak, is nie dat Hy ons uit moeilike omstandighede sal hou of sal voorkom dat ons ly nie. Hy het eerder belowe Hy sal by ons wees in daardie moeilike omstandighede en 'n alomteenwoordige hulp wees in die tye wat ons lyding ervaar. 



Hy belowe ook nie dat ons net probleme sal ervaar wat ons kan hanteer nie. Indien dit so is dat ons self al die probleme wat ons pad kruis kan hanteer, waarvoor sal ons God dan nodig kry? Dit is telkens vir ons 'n groot seën in ons lewens dat ons die geleentheid het om te vertrou op 'n God wat tot alles in staat is. Dus, die belofte wat ons regdeur die Bybel kan lees, is nie dat God ons nie bokant ons vermoëns sal beproef nie, maar Hy gee ons nooit wat ons nie saam met Hom kan hanteer nie. 



Selfs in die uiterste omstandighede sal Hy jou deur alles dra. Jy kan lewe deur sy genade. Jy sal dit dalk nie kan verklaar nie, maar somtyds is die grootste geskenk daardie een wat jy nie kan verklaar nie. Jy kan dit dalk nie verstaan nie, maar om een of ander rede het jy vrede, selfs te midde van die ergste storm. Dit is 'n storm wat jy nie kan hanteer nie en tog bly jy staande. Hoekom? Want Hy is by jou. Jy ervaar die krag om staande te bly omdat jy op Hom staan wat jou vesting is.



Vrae vir Nadenke: 



Voordat jy hierdie stuk gelees het, wat het in jou gedagtes opgekom as jy die stelling hoor: “God sal jou nie bokant jou vermoëns beproef nie”? 



Dink terug aan jou mees onlangse, beduidende beproewing (dalk is jy op die oomblik nog in een). Hoekom is geloof in God so waardevol in tye wanneer jy jouself in moeilike omstandighede bevind?



Waarheid: 



Partykeer gee God ons meer as wat ons kan hanteer, maar Hy gee ons nooit meer as wat ons saam met Hom kan hanteer nie.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

9 Common Lies Christians Believe

Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel beter. Hierdie leesplan sal jou help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/567221/9-common-lies-christians-believe-by-shane-pruitt/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid