Leesplan inligting

Nege Algemene Leuens Wat Christene GloVoorbeeld

9 Common Lies Christians Believe

DAG 2 VAN 5

Kry God elke dag nuwe engele? As daar dus ongeveer 151 000 sterftes per dag is, beteken dit dat God elke dag 151 000 nuwe engele bykry? Wat sê die Bybel hieroor? Ek is bly jy wonder. Baie eenvoudig gestel: mense en engele is nie dieselfde nie. So sal dit tot in ewigheid wees. Trouens, volgens 1 Petrus 1:12, is die engele begerig om insig te kry in die interaksie tussen God en die mense wat sy beelddraers is. 



Dit is eintlik vir jou baie beter om 'n mens te wees eerder as 'n engel. Dink daaroor — God het nie vir Jesus aarde toe gestuur ter wille van engele nie. God het die mens so liefgehad dat Hy sy Seun aarde toe gestuur het om 'n mens te word (alhoewel Hy nooit opgehou het om God te wees nie) en om as 'n mens vir mense te sterf! Jesus het vir mense gesterf, nie vir engele nie. Deur sy opstanding het Jesus sonde en die dood oorwin. Vir mense, nie vir engele nie. Deur geloof in die Seun van God ervaar ons genade, hoop en volkome vergifnis vir ons opstandigheid teen Hom. Engele het nooit die geleentheid om dit te ervaar nie! God se liefde vir ons is onbegryplik en oneindig.



Ons uiteindelike hoop is dit: wanneer 'n geliefde in Jesus Christus sterf, kry God nie nog 'n engel by nie. Inteendeel, God roep nog 'n gelowige om huistoe te kom. Jou geliefde kry die geleentheid om Jesus van aangesig tot aangesig te sien. Hy of sy verlaat hierdie tydelike woonplek vir 'n ewige tuiste in die arms van 'n liefdevolle Vader. Jy kan volkome vrede hê in die wete dat God en sy Woord vertrou kan word. Laat die belofte van die Skrif jou gebroke hart heel, wat jou die vertroue gee dat jou geliefde, indien hy of sy vir Jesus aangeneem het, vandag meer lewendig as jy is — nie as 'n engel nie maar as 'n verheerlikte mens met 'n volmaakte hart wat nie meer vatbaar is vir sonde nie, 'n verstand wat nie meer vatbaar is vir depressie of terneergedruktheid nie en 'n liggaam wat nie meer vatbaar is vir siekte of die dood nie. 



Vrae vir Nadenke: 



Wat is die beste manier om iemand te help wat oor die verlies van 'n geliefde treur? 



Dink aan 'n tyd toe jy gerou het en iemand jou bygestaan het. Wat het daardie persoon spesifiek gedoen of gesê het wat werklik vir jou van hulp was? 



Waarheid: 



God kry nie engele by wanneer iemand sterf nie; Hy roep gelowiges en aanbidders huistoe.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

9 Common Lies Christians Believe

Dalk is God nie wie jy dink Hy is nie. Miskien is Hy veel beter. Hierdie leesplan sal jou help om sommige Christelike, geykte uitdrukkings te identifiseer wat ons almal al gehoor het, maar wat eintlik onbybelse leuens is...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir verdere inligting, besoek: https://waterbrookmultnomah.com/books/567221/9-common-lies-christians-believe-by-shane-pruitt/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid