Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Bybelse gehoorsaamheid: Liefde + Vertroue + Aksie
Deesdae het die woord gehoorsaamheid 'n negatiewe konnotasie. Ons sien gehoorsaamheid as 'n geforseerde, onwillige besluit om iets te doen wat ons nie regtig wil doen nie maar ons doen dit omdat ons bang is vir die straf wat kom as ons dit nie doen nie.
Dit is nie wat gehoorsaamheid in die Woord van God beteken nie. Gehoorsaamheid in die Bybel beteken: liefde + vertroue + aksie.
Dit begin met liefde, as Jesus in Johannes 14:15 sê: "As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer." Gehoorsaamheid is wanneer ons weet God het ons lief en ons het Hom ook lief.
Baie mense dink gehoorsaamheid is om godvresend te wees, maar God wil hê ons moet gehoorsaamheid aan Hom sien as 'n liefdesverhouding. So 'n verhouding sal vertroue bou. As jy vertrou wat God vir jou sê en jy glo dat Hy jou liefhet, sal dit tot aksie oorgaan.
Jy het al drie elemente nodig, want aksie sonder liefde is net geloof uit gewoonte. Liefde sonder aksie is net blote praatjies.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More