Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 50 VAN 365

Liefde is 'n keuse

Deesdae word die mite geglo dat liefde onbeheerbaar is, dat dit iets is wat sommer net met ons gebeur; dit is nie iets waaroor ons beheer het nie. Selfs die taal wat ons gebruik weerspieël in werklikheid dat liefde buite ons beheer is. Ons sê: "Ek het my hart verloor", asof liefde iets is wat toevallig in die harwar van die lewe gebeur. Ek stap nog een dag rustig en skielik is my hart weg! — ek het my hart verloor. Ek kon niks daaraan doen nie.

Ek moet hierdie waarheid opklaar — dit is nie liefde nie. Liefde gebeur nie net sommer met jou nie. Liefde is 'n keuse en verteenwoordig 'n verbintenis.

Daar is geen twyfel daaraan dat aangetrokkenheid en seksuele opwekking nie beheerbaar is nie. Aangetrokkenheid en seksuele opwekking is egter nie liefde nie. Dit kan tot liefde lei, maar dit is nie op sigself liefde nie. Liefde is 'n keuse.

Jy moet kies om God lief te hê; Hy sal jou nie dwing nie (Deuteronomium 30:20). Jy kan vir God tong uitsteek en in die teenoorgestelde rigting gaan. Jy kan kies om jou lewe te vernietig. God sal jou steeds nie dwing om Hom lief te hê nie. Hy weet liefde kan nie afgedwing word nie.

Dieselfde beginsel is waar aangaande jou verhoudinge: jy kan die keuse maak om ander mense lief te hê, maar God sal jou nie dwing om enigiemand lief te hê nie.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com