Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Ons het Lief omdat God ons Liefhet
Ons is na God se beeld geskape om twee dinge op die aarde te doen: Leer om God lief te hê en leer om ander mense lief te hê; die lewe gaan oor liefde.
Liefde het by God begin. Hy het ons eerste liefgehad en dit het ons die vermoë gegee om ander lief te hê (1 Johannes 4:19). Die enigste rede waarom jy God kan liefhê of enigiemand anders, is omdat God jou eerste liefgehad het. Hy het daardie liefde getoon deur Jesus na die aarde te stuur om vir jou te sterf. Hy het daardie liefde getoon deur jou te maak. Hy het daardie liefde getoon deur alles wat jy in jou lewe het; dit is alles 'n geskenk van God se liefde.
Om in staat te wees om ander lief te hê en iemand te word wat groot liefde betoon, moet ons eers verstaan en ervaar hoeveel God ons liefhet. Ons moenie net praat oor liefde, lees oor liefde, of liefde bespreek nie; ons moet die liefde van God ondervind.
Ons moet 'n dag bereik wanneer ons finaal, ten volle verstaan hoe God ons geheel en al en sonder voorwaardes liefhet. Ons moet verseker wees in die waarheid dat ons niks kan doen wat sal veroorsaak dat God sal ophou om ons lief te hê nie.
Wanneer ons geborge voel binne God se onvoorwaardelike liefde, sal ons begin om mense meer tegemoet te kom. Ons sal nie so kwaad wees as wat ons voorheen was nie. Ons sal meer geduldig wees. Ons sal meer vergewe. Ons sal genadiger wees. Ons sal ander genadig wees.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More









