Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Moenie versuim om God te gehoorsaam nie
Daar is 'n pragtige dringendheid omtrent Josef se verhouding met God. Toe God gepraat het, was Josef gehoorsaam.
As jy glo dat God jou liefhet en jy 'n gehoorsame lewe wil lei in antwoord op sy liefde, behoort jy so te reageer: Wanneer God praat, gehoorsaam Hom.
Ek het die geleentheid gehad om 'n klomp vooraanstaande gelowige mans en vroue regoor die wêreld te ontmoet. Hulle verskil van mekaar, maar het iets in gemeen. Wanneer hulle ervaar dat God vir hulle sê om iets te doen, aarsel hulle nie. Hulle doen dit.
1 Johannes 5:3 (DB) sê: "Om God lief te hê beteken om sy opdragte ernstig op te neem en uit te voer. Wat Hy van ons verwag, is nie moeilik om te doen nie." Ek het onlangs met Tom Holladay, my swaer, gepraat, oor hoekom dit soms soos 'n las voel as God vir ons vra om iets te doen. Wat is fout?
Ons het tot die gevolgtrekking gekom dat uitstel die probleem is. Wanneer ons nie dadelik optree nie, word dit moeiliker hoe langer ons wag. Wanneer ons egter dadelik doen wat God sê, bring dit vryheid in ons lewens.
Waarvoor roep God jou vandag? Is dit 'n telefoonoproep wat jy moet maak? 'n Gebaar wat nodig is? Wat dit ook al is, skryf dit nou dadelik neer, en sê vir God dat jy gewillig is om dit te doen en vra Hom vir die krag wat nodig is om dit te laat gebeur.
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More