Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Gehoorsaamheid bring Genot aan God
God is gelukkig wanneer ons in gehoorsaamheid volhard. Dit beteken om sonder om te huiwer, te doen wat God jou vra om te doen. Jy stel dit nie uit en sê: "Ek sal daaroor bid" nie. Jy doen dit dadelik. Elke ouer weet dat uitgestelde gehoorsaamheid eintlik ongehoorsaamheid is.
God is jou nie 'n rede of verduideliking verskuldig vir alles wat Hy jou vra om te doen nie. Om te verstaan kan wag, gehoorsaamheid kan nie. Om dadelik aan God gehoorsaam te wees, gaan jou meer leer as 'n leeftyd van Bybelstudie. Jy gaan sommige opdragte eers verstaan nadat jy hulle gehoorsaam het. Gehoorsaamheid is die sleutel tot begrip.
Ons probeer gereeld om God net gedeeltelik te gehoorsaam. Ons wil kies en keur watter opdragte ons sal uitvoer. "Ek sal kerk toe gaan, maar ek gaan nie my tiende gee nie". "Ek sal my Bybel lees, maar ek gaan nie die persoon vergewe wat my te na gekom het nie".
Jy moet ten volle gehoorsaam wees met blydskap en gejubel. Die Bybel sê: "Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel!" (Psalm 100:2).
Hierdie is die gesindheid van Dawid: "Here, leer my hoe om u voorskrifte uit te voer, sodat ek my tot die einde toe daaraan kan hou" (Psalm 119:33).
Jakobus sê vir Christene: "Julle sien dus dat 'n mens vrygespreek word op grond van sy dade en nie net op grond van sy geloof nie" (Jakobus 2:24).
Die Woord van God sê duidelik dat jy nie redding kan verdien nie. Dit kom met genade en nie deur jou eie pogings nie. As 'n kind van God kan jy genot aan jou Hemelse Vader bring deur gehoorsaam te wees. Jou daad van gehoorsaamheid is ook 'n vorm van aanbidding.
Hoekom bring gehoorsaamheid vir God soveel genot? Dit bewys dat jy werklik lief is vir Hom. Jesus het gesê: “As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer" (Johannes 14:15).
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More