Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 45 VAN 365

Wy jou werk aan God

Wat jy ook al wil hê dat God moet seën, moet jy heel eerste vir Hom gee. Wy dit aan Hom toe, heilig dit en dan sal God dit seën.

As 'n prediker wil ek graag hê dat jy suksesvol in die lewe sal wees. Natuurlik wil ek hê jy moet geestelik suksesvol wees, maar ek wil ook hê jy moet suksesvol wees in jou werk. Ek wil hê jy moet 'n getuie by jou werk wees. Ek wil hê jy moet daardie platform tot eer van God gebruik.

As jy jou onderneming aan Christus toewy, raak Hy betrokke by besluitnemings. Hy sê vir jou wat om te doen. Hy word die voorsitter van jou bestuursraad. Hy kry die eer.

"Ons tree dus op as gesante van Christus, en dit is God wat deur ons 'n beroep op julle doen. Ons smeek julle namens Christus: Aanvaar die versoening met God wat Hy bewerk het!" (2 Korintiërs 5:20).

Net soos wat ek 'n prediker van die Saddleback-kerk is, is jy 'n prediker van jou kerk — by jou werkplek. Jou werk is om 'n ambassadeur van Jesus vir die mense om jou te wees. Die seën wat God in jou lewe uitstort — in jou beroep, jou onderneming, jou finansies, jou gesin, jou gesondheid — is alles aan Jesus Christus te danke.

"Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is" (Efesiërs 1:3).

Ek wil hê jy moet tyd afstaan om God te dank vir alles waarmee Hy jou geseën het, en wy dan jou werk aan Hom toe.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com