Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Brei jou vaardighede uit om sukses te behaal
As jy suksesvol wil wees in hierdie lewe, kan jou opvoeding nie ophou nadat jy jou graad of diploma verwerf het nie. Alle leiers is leerders en jy moet vir die res van jou lewe aanhou leer. Die oomblik wanneer jy ophou groei, is die oomblik wanneer jou bydrae tot jou maatskappy ook ophou groei.
Prediker 10:10 (NLV) sê: "As die byl stomp is en jy dit nie slyp nie, moet jy meer krag gebruik. Vaardigheid help jou om sukses te behaal." Dit is belangrik om slimmer te werk te gaan, om jou byl skerp te maak. Jy mors minder tyd as jy dit doen.
Hoe maak jy jou byl skerp? Deur jou kop met geleerdheid te vul — lees 'n boek, luister na 'n seminaar, woon 'n klas by, gaan kerk toe. As jy aanhou leer, sal God aanhou om jou horison te verbreed.
"Iemand wat wil leer om verstandig te wees, is lief vir sy lewe, dit gaan goed met iemand wat verstandig bly" (Spreuke 19:8 ABA). Die oplossing vir die meeste van die lewe se probleme, is opleiding. Leer dus soveel as wat jy kan.
Dis hoekom ek my gemeente aanmoedig om tydens my preke notas te neem. Het jy geweet as jy dit nie doen nie, vergeet jy binne 72 ure 95% van wat jy gehoor het? Jy mag dalk baie geestelik voorkom, maar jy is nie regtig baie slim nie.
Leer soveel as wat jy kan en onthou wat jy leer, dan sal jy ervaar hoe God jou werk seën.
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More