Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Rick Warren's Daily Devotional

DAG 36 VAN 365

Hy wat laaste lag

Soos ek in hierdie oordenkings genoem het, dink baie mense die Bybel is net gevul met "Jy mag nie"-opdragte. Hulle neem aan die Bybel gaan net oor beperkings en om jou 'n vervelige lewe te laat lei.

Dit behoort jou te laat glimlag: Om pret te hê is goed vir jou gesondheid.

God sê vir ons in sy Woord dat die lewe geniet en nie net verduur moet word nie. "'n Vrolike mens is 'n gesonde mens, 'n neerslagtige mens raak uitgeput" (Spreuke 17:22).

Ek stel dit graag so: "Hy wat laaste lag, lag die lekkerste." Leer om vir jouself te lag, speel elke dag, ontspan, en hê pret.

Aangaande hierdie leesplan

Rick Warren's Daily Devotional

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.

More

Baie dankie aan Rick Warren wat hierdie oordenkings vir ons verskaf het. Vir meer inligting oor Rick Warren en Saddleback kerk, gaan asb na www.saddlebackresources.com