Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Buffer jou skedule
Ter voorbereiding vir die volgende dekade, het ons gepraat oor die noodsaaklikheid om fisiek gesond te wees — dat God wil hê dat ons vir ons liggame moet sorg. Ek wil nog een keer beklemtoon dat onophoudelike spanning ons liggame benadeel.
Waarom wag ons totdat ons gesondheid afneem voordat ons besluit om 'n grens in ons lewens te skep? Die Bybel leer dat jou liggaam stilstand nodig het om te genees en weer energie te kry.
Luister hoekom dit so belangrik is: as jy oorlaai is deur aktiwiteite, kan jy net aan jouself dink. Jy is in 'n oorlewingstryd, en probeer om dit net deur nog 'n dag te maak. Dit beperk jou bruikbaarheid in die bediening!
As jy geen rustyd of grense in jou lewe het nie en God jou op die skouer tik en sê: "Ek wil hê jy moet dit vir My doen", is jou eerste reaksie nie vreugde nie. Jou eerste antwoord is: "O, nee! Nog 'n ding om te doen! Jammer, Vader — ek wil dit graag doen, maar ek is net te besig."
Ons eindig uiteindelik deur teë te stribbel teen die groot geleenthede wat God in ons lewens bring. Wanneer ons doelbewus en spesifiek rustyd in ons lewens byvoeg, word ons beskikbaar vir God om ons te gebruik terwyl ons die nuwe dekade binnegaan.
Jy hoef nie jouself te oorlaai nie. Jy hoef nie in 'n oorlewingstryd te leef nie. Begin vandag om 'n buffer op te stel volgens jou skedule. Geniet dan die voordele van grense — en kyk wat God daarna doen!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More